Voorbereiding: 40 minute plus rystyd.
Horinkies
Bestanddele:
500 g (4 x 250 ml) witbroodmeel
5 ml sout
5 ml suiker
1 pakkie (10 g) droë gis
325 ml louwarm water
45 ml olyfolie
Metode:
- Meng die droë bestanddele in die bak van ʼn elektriese menger.
- Voeg die water en olie by. Knie dit met die deeghaak totdat dit ʼn sagte deeg vorm.
- Bedek die deeg. Laat dit rys tot dubbel die volume.
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Bedek kegelvorms met tinfoelie en spuit die foelie met kleefwerende kossproei.
- Knie die deeg af en deel dit in tien stukke. Rol elke stuk in ʼn 10 x 15 cm-reghoek. Vou die deegreghoeke om die kegelvorms. Pak dit op ʼn bakplaat en bak sowat 15 minute tot bros en ligbruin.
- Laat effens afkoel en trek die broodhorinkies van die kegelvorms af. Plaas dit in oondvaste houers sodat dit met die opening na bo kan staan (bekers werk goed).
Vulsel
Bestanddele:
125 ml geblikte pynappel, gekap
200 g ham van jou keuse, gekap
100 ml tamatiepuree
sout en peper
200 g mozarellakaas, gerasper
Metode:
- Meng al die bestanddele saam en skep dit in die gebakte horinkies.
- Bak weer vir 10 minute by 180 °C tot die kaas gesmelt is.
- Bedien in bekers of glase.
Bron:
Makietie, ’n resepteboek deur Tiaan Langenegger & Mynhardt Joubert, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek gerus hul webwerf.