ʼn Heerlike resep om jou eie droëwors te maak!
Bestanddele:
- 9 kg beesvleis
- 1,5 kg sagte vet (soos skaapstert)
- 110 ml sout
- 100 ml geskroeide koljander, fyngemaal
- 10 ml fyn kruienaeltjies, tiemie of salie
- 10 ml gerasperde neutmuskaat
- 25 ml witpeper
- 250 ml druiwe-asyn
- worsderms, die gewone boerewors-soort of die dunner soort
Metode:
- Sny die vleis en vet in blokkies en strooi al die geurmiddels oor. Voeg ook die druiwe-asyn by die vleismengsel.
- Maal die vleismengsel en laat staan vir ʼn halfuur sodat die sout kan oplos.
- Meng alles liggies deur en stop die wors met ʼn worsstopper.
- Hang die wors op ʼn koel, droë plek om droog te word. Indien gewone boereworsderms gebruik word, moet die wors die eerste paar dae gereeld platgedruk word om te voorkom dat ʼn lugholte in die middel vorm namate die vleis droog word.
- Bewaar die wors in die yskas of vrieskas wanneer dit heeltemal droog is.
Resep oorspronklik gepubliseer in Boerekos deur Cecile Kemp.
Bron: Lekker en Vinnig – Bêrekos
Uitgewer: Lapa
Die resep klink baie lekker, net die foto is nie apteitwekkend nie, lyk soos n hand uit n riller fliek.
hiehie Eend.