Het jy al ooit self probeer baklava maak? Probeer dié lekker resep!
Lewer 12 porsies
Bestanddele
- ¾ k (170 g) Clover Mooi River-botter, gesmelt
- 6 velle fillodeeg, ontdooi
- 1 k (100 g) okkerneute of pekanneute, gekap
- ½ k (75 g) pistasieneute, uitgedop en gekap
- ½ k (75 g) amandels, gekap
- ½ k (105 g) strooisuiker
- 1 t ( 5 ml) fyn kaneel
- ½ t (2 ml) fyn gemmer
- 250 g vars gemengde bessies soos frambose, bloubessies of moerbeie
- ¼ k (60 g) heuning
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Verf elke tweede holte van ’n 12-holte muffinpan met van die gesmelte botter. Elke tweede muffinholte word gebruik om te verhoed dat die deegrande aan mekaar raak.
- Sny die fillodeeg in 10 tot 12 cm-vierkante. Verf van die gesmelte botter oor elke deegvierkant en voer die voorbereide muffinholtes met vyf tot ses vierkante uit. Laat die deegvierkante mekaar oorvleuel sodat dit ’n deegkoppie vorm.
- Meng die neute, suiker, kaneel en gemmer in ’n bak. Voeg die bessies by en roer versigtig deur.
- Verdeel die neutmengsel tussen die deegkoppies en drup heuning bo-oor.
- Bak vir 20 tot 25 minute tot goudbruin en gaar. Sit dit net so of met creme fraiche of roomys voor.
Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa