Malvalekkers hoef nie net pienk te wees nie. Maak jou malvalekkers hierdie naweek met die kleur van jou keuse.
Bestanddele:
- 1 ½ k (375 ml) strooisuiker
- ½ k (125 ml) koue water
- 4 t (20 ml) gelatien
- ½ k (125 ml) warm water
- 1 t (5 ml) kleursel van jou keuse
- 1 t (5 ml) vanieljegeursel
- Meelblom
Metode:
- Klits die strooisuiker en koue water vir 10 minute totdat die strooisuiker opgelos is.
- Smelt die gelatien in warm water en voeg die warm gelatienwater by die suikerwater.
- Voeg die kleursel en vanieljegeursel by. Klits die mengsel tot donsig en dik.
- Strooi meelblom in ‘n glasbak en giet die geklitste mengsel in die bak.
- Strooi meelblom gemeng met ‘n bietjie versiersuiker oor.
- Bedek die bak met kleefplastiek en plaas dit eenkant vir ten minste agt uur om te stol. Moet dit nie in die yskas laat stol nie.
- Sny die lekkers in vorms van jou keuse. As die gesnyde lekkers aan mekaar klou, kan jy nog meelblom daaroor strooi.
- Bron: Sjef Snoekie: Laat die potte sing
- Uitgewer: Lapa