Dié vrugtegeurige ryspoeding is ʼn wenner!
Lewer 8 porsies
Bestanddele
- 4 eierwitte
- 250 ml suiker
- 500 ml gekookte rys
- 1 x 385 g blikkie kondensmelk
- 80 ml suurlemoensap
- 1 x 440 g blikkie fyn pynappel
- 250 ml water
- 5 ml vanieljegeursel
- 5 ml gelatien
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn oondvaste bak of tertpan met kossproei.
- Klits die eierwitte en suiker saam tot sagtepuntstadium.
- Vou die eierwitte by die rys in en druk die mengsel eweredig in die voorbereide bak of tertpan vas.
- Bak vir 10-15 minute tot dit gestol het. Verwyder uit die oond en laat dit afkoel.
- Meng die kondensmelk, suurlemoensap, fyn pynappel en water goed saam.
- Meng die vanieljegeursel en gelatien saam en roer deur die kondensmelkmengsel.
- Skep die mengsel bo-op die rysmengsel en plaas vir 2-3 uur in die yskas om te stol.
- Versier die ryspoeding met vars vrugte van jou keuse en bedien.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa