Suzelle DIY deel in haar jongste video ʼn maklike manier om tiervelbrood te bak. Dié brood lyk so oulik en só smaaklik dat die getroue wit- of bruinbrood se dae waarskynlik getel gaan wees!
Dis ook eenvoudig om te bak. Jy en die brood sal op almal se lippe wees!
Dié tiervelbrood kan gemaak word deur ʼn bol deeg by ʼn winkel te koop of deur jou eie gunstelingresep vir brood te gebruik.
Dit kos ook nie ʼn plaas se prys nie. Al wat jy benodig is kakao en voedselkleursel.
Dié brood sal vir die jongspan ook baie pret en plesier verskaf.
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.