Soorte resepte:

Video: Yskoue koeldrank binne twee minute

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Hierdie video wys jou hoe om op ʼn baie eenvoudige manier ʼn blikkie koeldrank binne twee minute koud te maak.

Al wat jy benodig is ʼn bak water, ysblokkies en sout.

Gebruik gerus dié metode om vir kinders bietjie wetenskap te leer of as jy graag koue bier wou drink. As jy net gewoon koue koeldrank wou drink, dan kan jy maar net die koeldrank in ʼn glas gooi met ʼn paar ysblokkies.

Die gebruiker DaveHax laai gereeld interessante wenke op sy YouTube-kanaal.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gedoriewaar, Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

nig ·

Hoop ouers wys hulle kinders die – dis ‘n lekker manier om iets te leer!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.