Soorte resepte:

Resep: Broccoli-en-aartappelsop met fetakaas

Broccoli-en-aartappelsop met fetakaas (Foto: Landbou Boerekos)

Lewer 6–8 porsies

Selfs iemand wat sy neus vir groente optrek, sal ’n tweede skeppie van hierdie sop vra.

Bestanddele

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 1 prei, baie goed gewas en fyn gekerf
  • 3 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 2 groot aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 1 groot kop broccoli, fyn gesny
  • 1,5 l hoenderaftreksel
  • 250 ml volroommelk
  • 2 wiele fetakaas, grof gekrummel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • neutmuskaat, om oor te rasper
  • croutons en brosgebraaide varkworsies, om voor te sit (opsioneel)

Metode

  1. Verhit die olie en braai die ui, prei en knoffel stadig oor lae hitte tot sag, maar nie bruin nie.
  2. Voeg die aartappels, broccoli, hoenderaftreksel en melk by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 45 minute, tot alles baie sag is. Laat effens afkoel en verpulp die sop.
  3. Roer die fetakaas by en geur na smaak met sout en peper.
  4. Rasper neutmuskaat oor elke porsie en rond af met croutons en stukkies brosgebraaide varkworsies, indien verkies.

Bron: Landbou Boerekos

Uitgewer: Human & Rousseau

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae