Probeer hierdie maklike sop voor die lente haar kop uitsteek!
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 1 snoekkop
- 1 groot ui, fyngekap
- 1 ℓ water
- 1 groot aartappel, gerasper
- 1 groot wortel, gerasper
- 2 t gemengde kruie
- Sout en witpeper na smaak
- 250 ml room
- Gebraaide broodblokkies (croutons, opsioneel)
Metode
- Plaas die snoekkop, gekapte ui en water saam in ’n pot. Verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat vir 15 min liggies prut.
- Giet die mengsel deur ’n sif en behou die vloeistof.
- Voeg die aartappel, wortel en gemengde kruie by die vloeistof. Verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat die sop liggies prut tot die groente gaar en sag is.
- Geur die sop met sout en peper na smaak.
- Roer die room deur die sop en strooi die gebraaide broodblokkies oor indien verkies.
- Bedien dadelik.
Bron: Kook saam Kaaps, Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Ek het dit al eenkeer geeet maar nooit iemand geken wat dit kan maak nie.
Gaan hom verseker safe en baie gebruik