Resep uit Trooskos
2 e (30 ml) olyfolie
8 hoenderporsies
2 e (30 ml) koekmeel
2 e (30 ml) Clover Mooi River botter
4 klein uie, geskil en in kwarte gesny
2 knoffelhuisies, fyn gesny
200 g sampioene, skoon gewas
1 k (250 ml) witwyn
2 k (500 ml) hoenderaftreksel
4 takkies suurlemoentiemie of tiemie
5 wortels (300 g), geskraap en in dik ringe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
4 t (20 ml) korrelmosterd
2 e (30 ml) heuning
¼ k (60 ml) Clover suurroom
Metode
- Voorverhit die oond tot 140 °C.
- Verhit die olie in ’n swaarboom-oondbak en bedek die hoender met meel. Skud die oortollige meel af en braai die hoender 2 tot 3 minute aan ’n kant tot goudbruin. Skep die hoender op ’n bord en hou eenkant.
- Sit die bak weer op die stoofplaat en verhit die botter oor matige hitte daarin. Soteer die uie en knoffel 3 tot 4 minute en voeg die sampioene by. Braai nog 3 minute.
- Skep die groente by die hoender. Roer die wyn by die pansappe en kook 3 minute. Roer die aftreksel, tiemie en wortels by. Skep die hoender en groente terug en geur met sout en peper.
- Verhit tot kookpunt en plaas die deksel op die oondbak. Bak 30 minute in die warm oond. Verwyder uit die oond en roer die mosterd, heuning en suurroom by.
- Bak nog 15 minute sonder die deksel totdat die hoender sag en deurgaar is.
Genoeg vir 4 tot 6