Tennis
Week 1 van die Australiese Ope Tennistoernooi in Melbourne is verby.
Die groot skok gister was toe die eerste gekeurde mans- en vrouespelers uitgeskakel is. Wêreld nommer een, Andy Murray, is deur die 50ste gekeurde Mischa Zverev huistoe gestuur. Die telling was 7-5, 5-7, 6-2 en 6-4.
In die vroue-afdeling moes die verdedigende kampioen en wêreld nommer een, Angelique Kerber, ook haar tasse pak. Die 25ste gekeurde speler in die wêreld, Coco Vandeweghe, het haar gemaklik met 6-2 en 6-3 afgeransel.
Roger Federer het ‘n plek in die kwarteind bespreek, met ‘n oorwinning van 6-7, 6-4 6-1, 4-6 en 6-3 oor Kei Nishikori.
Vanoggend het (2) Serena Williams (VSA) (16) Barbora Zahlavova Strycova (Cze) met 7-5 en 6-4 geklop.
Gholf
In die Europese Reeks is die Abu Dhabi Ope-kampioenskap afgehandel.
1 | Tommy Fleetwood | -17 | F | -5 | 67 | 67 | 70 | 67 | 271 |
2 | Dustin Johnson | -16 | F | -4 | 72 | 68 | 64 | 68 | 272 |
3 | Martin Kaymer | -15 | F | -3 | 66 | 66 | 72 | 69 | 273 |
7 | Dean Burmester | -14 | F | -3 | 69 | 70 | 66 | 69 | 274 |
13 | Thomas Aiken | -10 | F | -4 | 71 | 70 | 69 | 68 | 278 |
Branden Grace | -10 | F | -1 | 68 | 70 | 69 | 71 | 278 |
En in Amerika by die CareerBuilder-uitdaging in Kalifornië, het sake so geëindig:
1 | Hudson Swafford | -20 | F | -5 | 65 | 65 | 71 | 67 | 268 |
2 | Adam Hadwin | -19 | F | -2 | 71 | 69 | 59 | 70 | 269 |
3 | Brian Harman | -18 | F | -3 | 67 | 65 | 69 | 69 | 270 |
Bud Cauley | -18 | F | -3 | 69 | 67 | 65 | 69 | 270 | |
72 | Rory Sabbatini | -3 | F | +2 | 70 | 72 | 69 | 74 | 285 |
By die Singapoer Ope lyk die telbord so na 4 rondes:
Marksaeng P | -9 | F | -4 | 71 | 69 | 68 | 67 | 275 |
Khongwatmai P | -8 | F | 0 | 66 | 72 | 67 | 71 | 276 |
Kruger JB | -8 | F | -2 | 68 | 69 | 70 | 69 | 276 |
Pagunsan J | -8 | F | -1 | 71 | 66 | 69 | 70 | 276 |
Vrouegholf
Die SA Meestersgholftoernooi is op die Rondebosch-gholfbaan in Kaapstad voltooi.
Die finale telbord het so gelyk:
209 Carrie Park S-KOR 69 68 72
214 Kiran Matharu GBR 69 72 73; Ashleigh Buhai 69 70 75
215 Nicole Garcia 69 72 74
216 Kim Williams 75 69 72; Lee-Anne Pace 70 70 76
Internasionale Krieket
Die Proteas en Sri Lanka het mekaar gister in die tweede T20 wedstryd van die reeks op die Wanderers gepak:
Suid-Afrika 113
Sri Lanka 119/7
Sri Lanka wen met 3 paaltjies en die reekstelling is nou 1 elk. Die finale wedstryd word Woensdag gespeel.
Die vierde eendagwedstryd tussen Australië en Pakistan is in Sydney gespeel
Australië 353/6 (50 bb)
Pakistan 267 (43.5/50 bb)
Australië wen met 86 lopies en verseker ook daarmee dat hulle die reeks inpalm.
Die derde eendagwedstryd tussen Indië en England is ook afgehandel.
Engeland 321/8 (50.0 bb)
Indië 316/9 (50.0 bb)
Engeland wen met net 5 lopies, maar Indië wen die reeks.
Dit is dag vier van die tweede toets tussen Bangladesh en Nieu-Seeland in Christchurch.
Bangladesh 289 & 100/5 (36.2 bb)
Nieu-Seeland 354
Teen teetyd was Bangladesh met 35 lopies voor, met 5 tweede beurt paaltjies staande.
Sunfoil Krieketreeks
Die Dolphins en Lions het kragte gemeet in Pietermaritzburg. Die wedstryd het onbeslis geeindig.
Dolphins 339 & 189/6v
Lions 267 & 74/1 (31 bb, teiken: 262)
Vroue Krieket
Die Suid-Afrikaanse vrouespan speel het hul vyfde en laaste eendagwedstryd teen Bangladesh op ‘n drafstap gewen en die reeks met 4-1 ingepalm.
Bangladesh 68 (36.3/50 bb)
Suid Afrika 69/2 (10/50 bb)
Suid-Afrika wen met 8 paaltjies.
Sokker
In die Engelse Premierliga is gister drie wedstryde gespeel.
Chelsea 1 – 0 Hull City
Arsenal 2 – 1 Burnley
Southampton 3 – 0 Leicester City
In die Afconbeker is twee wedstryde gister afgehandel.
Guinea-Bissau 0 – 2 Burkina Faso
Kameroen 0 – 0 Gaboen
Vandag speel Zimbabwe teen Tunisië en Senegal teen Algerië.