Vandag se sportnuus

Argieffoto.

Rugby:

  • Chasing the Sun is ’n dokumentêre reeks oor die Springbokke se veldtog om die Webb Ellis-trofee in Japan te wen.

’n Kameraspan van SuperSport het saam met die Bokke gereis en die reeks sal uit ses aksiebelaaide episodes bestaan wat die sluier ’n bietjie meer oor Rassie Erasmus-hulle se suksesvolle Wêreldbeker-veldtog sal lig.

Daar sal eksklusiewe agter-die-skerms-beeldmateriaal wees wat die storie van Springbokrugby net soveel lekkerder sal vertel.

Dit sal in Augustus op SuperSport uitgesaai word.

Tennis:

  • Hoewel Rafael Nadal onlangs aan Roger Federer en Andy Murray gedurende ’n Instagram Live-sessie erken het dat hy met tegnologie sukkel, het hy sterk in sy eerste virtuele toernooi weggespring.

Die Spanjaard het sy tennisraket vir ’n rekenaarspeletjie verruil en terstond vir Denis Shapovalov in die eerste ronde van die virtuele Madrid Ope gewen.

En hoewel daar hier en daar ’n tegniese foutjie ingesluip het en die 33-jarige kamstig ’n besering opgedoen het, het hy gemaklik na die volgende ronde deurgedring.

Sokker:

  • Tottenham Hotspur is die jongste Engelse sokkerklub wat weer stelselmatig na die oefenveld begin terugkeer.

Ons sal ’n paar sokkervelde beskikbaarstel vir lede van ons eerste span om individueel te oefen,” het die klub op hul webblad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.