Anderson uit Amerikaanse Ope

Kevin Anderson. (Foto: AP Photo/Vincent Thian)

Suid-Afrika se voorste tennisspeler, Kevin Anderson, het weens ’n kniebesering hom aan die Amerikaanse Ope onttrek.

Die 33-jarige Anderson sukkel al geruime tyd met dié besering en hy moes Maandag teen Zachary Svajda gespeel het, maar nou sal Italië se Paolo Lorenzo teen die Amerikaner, wat 1 410de in die wêreld is, kragte meet.

Die blonde Suid-Afrikaanse ster het in 2017 in die eindstryd van die Amerikaanse Ope gespeel en het ’n goeie rekord van 22 – 9 sedert sy debuut in 2010 opgestel. Maar hy was vanjaar in nog net vyf toernooie in aksie en hy sukkel sedert Julie met die kniebesering.

Sy onttrekking beteken nou dat Lloyd Harris die enigste ander Suid-Afrikaner in die enkelspelrondes sal wees.

Harris, nommer 99 in die wêreld, sal Dinsdag teen Egor Gerasimov kragte meet.

Dan is Raven Klaasen en sy Nieu-Seelandse spanmaat, Michael Venus, in die dubbelspelwedstryde in aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Moet Kevin dit nie maar oorweeg om uit te tree nie? Hy is die afgelope byna 3 jaar meer beseer as est hy wedstryd fiks id.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.