Besering hou Anderson van die klei

Kevin Anderson. Foto: ANA.

Suid-Afrika se voorste manstennisspeler, Kevin Anderson, sal weens ’n elmboogbesering nie in verdere kleibaantoernooie dié seisoen in aksie wees nie.

Anderson – nommer ses op die ATP-wêreldranglys – sê dat ’n blaaskans nou die belangrikste is, veral om sy loopbaan te verleng. Die Franse Ope is volgende maand op Roland Garros.

“Ek het die situasie met my dokters en ondersteuningspan bespreek en ons het besluit dat dit beter sal wees om te rus en my elmboog kans te gee om te herstel,” het die 32-jarige speler gesê.

“Ek sal egter daagliks hard aan my spel werk om betyds te herstel vir die grastoernooie.”

“Ek is natuurlik uiters teleurgesteld om Estoril, Madrid, Rome en Roland Garros mis te loop. Dit is almal uitstekende toernooie en ek sien baie uit om my terugkeer (na die toernooie) te maak. Tog weet ek dat hierdie die regte loopbaanbesluit is.”

  • Intussen is Suid-Afrika se Lloyd Harris onder die top-100 spelers ter wêreld!

Die jong speler is tans 90ste op die wêreldranglys en het die ronde van 32 in die Hongaarse Ope gehaal. Hy is egter deur Duitsland se Peter Gojowczyk in skoonstelle geklop. Die eindtelling was 7 – 5, 6 – 4 in die Duitser se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.