Brad Binder jaag vinniger in Indonesië

Suid-Afrika se Brad Binder tydens die spoedtoetse by MotoGP. (Foto: JOSE JORDAN / AFP)

Die Suid-Afrikaner Brad Binder het beter presteer in die spoedtoetse op die eiland Lombok in Indonesië vir vanjaar se MotoGP, as verlede naweek. Hy het op sy KTM die negende vinnigste tyd opgestel. Sy broer, Darryn, was in die 22ste plek op sy Yamaha.

Brad kon tydens verlede naweek se toetse in Maleisië net die 18de vinnigste tyd opstel.

Pol Espargaro op sy Honda was die vinnigste. Wêreldkampioen Fabio Quartararo was naasvinnigste met Aleix Espargaro op sy Aprilia in die derde plek.

Die res van die toptien was Franco Morbidelli (Yamaha), Francesco Bagnaia (Ducati), Alex Rins (Suzuki), Maverick Vinales (Aprilia), Johann Zarco (Ducati), Binder en Alex Marquez (Honda).

Die eerste wedren van die seisoen vind op 6 Maart in Katar plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.