Dié plaaslike CrossFitters gaan Madison toe

Jason Smith. (Foto: Argieffoto.)

Die fiksste CrossFit-atlete in Afrika het sake by die Rebel Renegade Games in Johannesburg uitgespook.

Die uiteinde van hul oefenuitdagings: ʼn Vliegtuigkaartjie na Madison, Wisconsin, vir die 2023-weergawe van die CrossFit-spele.

Jason Smith, Michelle Basnett en CrossFit FBDV Mayhem Africa sal Afrika by die wêreldwye fiksheidskouspel verteenwoordig.

Ondanks die feit dat Smith amper 40 jaar oud is, het hy sy jonger teenstanders gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Die CrossFit Sunninghill-atleet het die afgelope naweek nie een keer buite die voorste tien posisies geëindig nie, terwyl hy ook in twee van die uitdagings die topatleet was.

Hy het Suid-Afrika reeds drie keer vantevore by die Spele verteenwoordig en in 2017 is hy as die tiende fiksste ter wêreld aangewys.

A fight to the end in test 6!Michelle takes the win which pushes her up to 1st place on the leaderboard by 1…

Posted by Rebel Renegade Games on Sunday, May 21, 2023

In die vroueafdeling was Michelle Basnett met Mariska Smit in ʼn titaniese stryd om die topplek op die podium gewikkel.

Daar was net een punt verskil tussen die twee atlete toe die finale sweetuitdaagsessie begin het. Basnett – wat deesdae in die VSA oefen – het egter die wa deur die drif getrek.

CrossFit FBDV Mayhem Africa are on their way to the games.@rebelelitefitness @biogen_sa @heineken_sa @eptrecovery @…

Posted by Rebel Renegade Games on Sunday, May 21, 2023

  • Individuele uitslae:

Mans:

  1. Jason Smith: 596 punte
  2. Conrad Winnertz: 500 punte
  3. Ruan Potgieter: 497 punte
  4. Darren Zurnamer: 482 punte
  5. Josh Kernot: 475 punte
  6. Daniel Griesel: 474 punte
  7. James van Dongen: 466 punte
  8. Justin Holliday: 433 punte
  9. Du Toit Botha: 418 punte
  10. Assem Effat: 413 punte

Vroue:

  1. Michelle Basnett: 613 punte
  2. Mariska Smit: 596 punte
  3. Gilmari Reyneke: 580 punte
  4. Christina Livaditakis: 570 punte
  5. Tanha Bouffe: 507 punte
  6. Gemma Rader: 497 punte
  7. Emma Olley: 492 punte
  8. Megan McDermott: 418 punte
  9. Megan Faul: 411 punte
  10. Alicia Stoop: 408 punte
  • Spanne:
  1. CrossFit Mayhem Africa: 580 punte
  2. Cape CrossFit Wolfpack: 555 punte
  3. CrossFit 10 Star Hybrids: 530 punte
  4. CrossFit Tijger Valley Synergy: 530 punte
  5. CrossFit Juggernaut Unstoppable: 490 punte

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.