Djokovic speel ‘lelik’, maar wen steeds

Novak Djokovic het sy openingswedstryd van die Monte Carlo-meesterstoernooi gewen. (Foto: Twitter/ATP Tour)

Novak Djokovic het self erken dat hy “lelike” tennis teen Ivan Gakhov gespeel het, maar hy het steeds sy openingswedstryd van die Monte Carlo-meesterstoernooi met 7-6 en 6-2 gewen.

“Ek was glad nie op my beste nie – veral in die eerste stel. Die wind het ook ongetwyfeld ʼn invloed op die wedstryd gehad, maar ek is tevrede dat ek goed in die belangrikste oomblikke van die wedstryd gespeel het,” het die Serwiër gesê.

Volgens die wêreld se voorste speler is dit altyd ʼn avontuur om op ʼn kleibaan te speel.

“Daar is ʼn reuseverskil tussen oefensessies en die ware jakob in ʼn wedstrydsituasie. Dit is altyd ʼn onvoorspelbare storie, want die bal bons nie een keer op dieselfde manier nie.”

Patrick Mouratoglou, die bekende tennisafrigter, het vroeër gesê dat Novak Djokovic beslis die beste speler ter wêreld is.

“Selfs al loop hy ʼn paar toernooie mis, is hy steeds die wêreldnommereenspeler en hy sal eendag waarskynlik as die grootste speler nóg bekendstaan. Novak Djokovic is iemand wat al vir die afgelope 15 jaar Grand Slam-toernooie wen,” het Mouratoglou gesê.

Dan het Hubert Hurkacz, Andrey Rublev, Dominic Thiem en Alexander Zverev ook hul wedstryde gewen.

Uitslae:

Hubert Hurkacz klop Jack Draper met 6-3, 6-7 en 7-5

Ilya Ivashka klop Dan Evans met 2-6, 6-2 en 6-3

Novak Djokovic klop Ivan Gakhov met 7-6 en 6-2

Karen Khachanov klop Alejandro Davidovich Fokina met 6-2 en 6-2

Andrey Rublev klop Jaume Munar met 4-6, 6-2 en 6-2

Lorenzo Sonego klop Ugo Humbert met 3-6, 7-5 en 7-5

Grigor Dimitrov klop Ben Shelton met 6-1, 3-6 en 6-3

Alexander Zverev klop Alexander Bublik met 3-6, 6-2 en 6-4

Dominic Thiem klop Richard Gasquet met 6-1 en 6-4

Alex de Minaur klop Andy Murray met 6-1 en 6-3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.