Hamilton word nie deur FIA afgetrek

Lewis Hamilton. (Bryn Lennon, Pool via AP)

Die Mercedes-renjaer Lewis Hamilton het in ’n sterk bewoorde Instagram-inskrywing gesê dat hy nie sommer vir enigiets sal stop in sy pogings om rassisme te beveg nie.

“Ek wil julle laat weet dat ek nie sal tou opgooi nie. Ek sal nie ophou om hierdie platform te gebruik om dit wat ek glo reg is, uit te wys nie. Dit is ’n geleentheid vir almal om bymekaar te kom en om die wêreld op elke vlak van onreg uit te daag – nie net rassegewys nie. Ons kan help om dit ’n beter plek vir ons kinders en die toekomstige geslagte te maak,” het Hamilton geskryf.

Dit kom nadat FIA, die beheerliggaam van F1, bevestig het dat hy nie die Britse renjaer se optrede gedurende die afgelope Sondag se Grand Prix in Italië sal ondersoek nie.

Hamilton het ’n omstrede T-hemp met die woorde “Arrest the cops who killed Breonna Taylor” daarop gedra. Hy het ook ’n onderhoud met die woorde “geregtigheid vir Breonna” afgesluit.

FIA sal glo wel sy regulasies hersien oor wat renjaers toegelaat word om te doen gedurende ’n wedren.

Die beheerliggaam is ’n ondertekenaar van die Olimpiese handves wat onder meer teen politieke, godsdienstige en rassepropaganda gekant is.

Hamilton se optrede is egter deur Mercedes gesteun.

“Ons probeer nie om politiek deel van die F1 te maak nie. Dit is menseregtekwessies wat ons wil uitlig en mense bewus van maak. Daar is ’n groot verskil,” het die motorvervaardiger vroeër op Twitter geskryf.

Die 35-jarige renjaer is egter deur F1-legendes soos Mario Andretti gekritiseer.

“Ek het baie respek vir Lewis, maar is dit nodig om militant te word? Hy is nog altyd aanvaar en het almal se respek verdien,” het Andretti, wat in 1978 die wêreldkampioen was, destyds gesê.

“Ek voel dat alles ’n bietjie pretensieus is en dat dit ’n probleem skep wat nie bestaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

tweeling ·

Want dit gaan oor geld wat hulle moontlik kan verloor – gierigheid

Bekker ·

My oorlede ma het altyd gesê: “As niets, iets geword het.!!!”

Cheryl ·

Media is ook skuldig deur vir hulle dekking te gee. As dit ophou sal hulle nie ‘n platform hê om hulle gif te versprei nie.

commontar ·

So Hamilton het geveg dat iemand van kleur nie by die reëls van die FIA hoef te hou nie. Dis verstom my dat meeste mense nie kan verstaan dat daar reels is wat gebreek is – as Hamilton ‘n politiese hemp dra is dit aanvaarbaar want hy is van kleur maar as enige ander jaer ‘n Trump hemp dra sal hy nooit weer ‘n F1 resies mag bywoon nie – wat nog te sê van deelneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.