Lloyd maak steeds ranglysspronge

Lloyd Harris. Foto: Facebook.

Suid-Afrika se veelbelowende tennisster, Lloyd Harris, het nog ’n hoogtepunt in sy kort loopbaan bereik.

Die 22-jarige is tans 87ste op die ATP-wêreldranglys.

Hy het verlede week die halfeindstryd van die ATP-Uitdagertoernooi in die Tsjeggiese Republiek gehaal en is weer vandag in aksie by die Open du Pays d’Aix in Frankryk.

Die jong Suid-Afrikaner is derde gekeur vir dié toernooi en kom teen die Fransmanne se Antoine Cornut-Chauvinc in die ronde van 32 te staan.

Intussen sal Suid-Afrika se dubbelsster, Raven Klaasen, ook in ATP-aksie wees hierdie week.

Klaasen speel van vandag (Dinsdag) af in die Madrid Ope saam met sy tydelike dubbelsmaat, Robin Haase. Hulle sal eerstens teen die Zverev-broers, Alexander en Mischa, te staan kom.

Klaasen speel die afgelope ruk met tydelike spanmaats, ná Michael Venus ’n voetbesering opgedoen het.

Venus sal egter weer binnekort terug op die baan wees en weer gedurende die Franse Ope sy plek langs Klaasen inneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.