Louis Meintjes in top-10 by Tour de France

(Foto: LouisMeintjes, Twitter)

As jy nog nie ʼn rede gehad het om die Tour de France se skouspel te volg nie, dan het jy nou een. Die 30-jarige Suid-Afrikaner Louis Meintjes, ʼn boorling van Pretoria, is nou in die algehele sewende plek ná 14 skofte.

In 2016 en 2017 het hy algeheel agtste geëindig.

Hy het gister uitstekend gery en tiende geëindig in die skof. Meintjes ry vir die span Intermarché-Wanty-Gobert Matériaux wat deur Franse en Belgiese maatskappye geborg word. Hy is ook in die tweede plek om die wedloop vir die trui as beste klimmer.

Die Deen Jonas Vingegaard dra steeds die geel trui. Hy is 2 minute 22 sekondes voor die Sloween Tadej Pogacar.

Vandag se 15de skof word beslis oor 202,5 km tussen Rodez en Carcassonne. Môre is vir die fietsryers ʼn rusdag. Die toer eindig op 24 Julie in Parys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.