Murray wen sy 200ste Slam-kragmeting

Andy Murray. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Die 36-jarige Andy Murray het slegs die negende speler geword om 200 wedstryde by ʼn Grand Slam-toernooi te wen toe hy Corentin Moutet met 6-2, 7-5 en 6-3 in die Amerikaanse Ope geklop het.

Die veglustige Skot speel volgende teen Grigor Dimitrov in New York.

“Corentin is een van die opwindendste spelers op die ATP-toer. Hy beweeg baie goed en hy soek altyd na ʼn manier om jou spel te ontwrig. Ek hoop dat hierdie wedstryd tennisliefhebbers vermaak het en ek is dankbaar om na die volgende ronde deur te dring,” het Murray gesê

Die rekord vir die meeste oorwinnings in Grand Slam-wedstryde staan steeds agter Roger Federer se naam. Die legendariese Switserse tennisster het 369 Major-wedstryde in sy loopbaan gewen.

Novak Djokovic is egter kort op sy hakke met sy 354 oorwinnings, gevolg deur Rafael Nadal (314) en Jimmy Connors (233).

Uitslae:

Jannik Sinner klop Yannick Hanfmann met 6-3, 6-1 en 6-1

Gael Monfils klop Taro Daniel met 4-6, 6-4, 6-2 en 7-6

Lloyd Harris klop Guido Pella met 7-6, 6-4 en 6-4

Stan Wawrinka klop Yoshihito Nishioka met 7-6, 6-2 en 6-4

Alex de Minaur klop Timofey Skatov met 6-2, 3-6, 6-1 en 7-5

Hubert Hurkacz klop Marc-Andrea Huesler met 4-6, 5-7, 7-6, 6-3 en 6-1

John Isner klop Facundo Diaz Acosta met 6-4, 6-3 en 7-6

Andrey Rublev klop Arthur Cazaux met 6-4, 7-6 en 6-1

Andy Murray klop Corentin Moutet met 6-2, 7-5 en 6-3

Cameron Norrie klop Alexander Shevchenko met 6-3, 6-2 en 6-2

Daniil Medvedev klop Attila Balazs met 6-1, 6-1 en 6-0

Alexander Zverev klop Aleksandar Vukic met 6-4, 6-4 en 6-4

Aryna Sabalenka klop Maryna Zanevska met 6-3 en 6-2

Karolina Pliskova klop Elena Ruse met 6-1 en 6-4

Jessica Pegula klop Camila Giorgi met 6-2 en 6-2

Ons Jabeur klop Camila Osorio 7-5 en 7-6.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.