ʼn Eerste vir Carlos in Melbourne

Oog op die bal. Carlos Alcaraz in aksie in Melbourne. (Foto: X/ATP)

Carlos Alcaraz, die Spaanse tenniskroonprins, het vir die eerste keer in sy loopbaan na die vierde ronde van die Australiese Ope deurgedring.

Sy teenstander, Shang Juncheng, se seer been het weliswaar beteken dat hy die aftog moes blaas, maar die wêreld se naasbeste speler het toe reeds  ʼn voorsprong van 6-1, 6-1 en 1-0 geniet.

Alcaraz sal in die vierde ronde teen Miomir Kecmanovic van Kroasië te staan kom.

“Ek voel tans baie goed en ek speel amper teen die toppunt van my vermoë,” het die Spanjaard ná afloop van sy wedstryd gesê.

“Terselfdertyd raak ek ook meer gewoond aan die toestande in Melbourne; ek beweeg beter op die baan en slaan die bal ook aansienlik suiwerder as vantevore.”

Dit is die 20-jarige speler se derde Australiese Ope-toernooi. In sy vorige probeerslae is hy in die tweede (2021) en derde (2022) rondes uitgeskakel.

  • Uitslae:

Mans:

Andrey Rublev klop Sebastian Korda met 6-2, 7-6 en 6-4

Alex de Minaur klop Flavio Cobolli met 6-3, 6-3 en 6-1

Novak Djokovic klop Tomas Etcheverry met 6-3, 6-3 en 7-6

Adrian Mannarino klop Ben Shelton met 7-6, 1-6, 6-7, 6-3 en 6-4

Stefanos Tsitsipas klop Luca van Assche met 6-3, 6-0 en 6-4

Taylor Fritz klop Fabian Marozsan met 3-6, 6-4, 6-2 en 6-2

Jannik Sinner klop Sebastian Baez met 6-0, 6-1 en 6-3

Hubert Hurkacz klop Ugo Humbert met 3-6, 6-1, 7-6 en 6-3

Miomir Kecmanovic klop Tommy Paul met 6-4, 3-6, 2-6, 7-6 en 6-0

Vroue:

Victoria Azarenka klop Jelena Ostapenko met 6-1 en 7-5

Barbora Krejcikova klop Storm Hunter met 4-6, 7-5 en 6-3

Maria Timofeeva klop Beatriz Haddad Maia met 7-6 en 6-3

Coco Gauff klop Alycia Parks met 6-0 en 6-2

Aryna Sabalenka klop Lesia Tsurenko met 6-0 en 6-0

Amanda Anisimova klop Paula Badosa met 7-5 en 6-4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.