Nederlander te sterk vir Ruud

Botic van de Zandschulp. Foto: Twitter.

Botic van de Zandschulp het vir die eerste keer in sy loopbaan met ʼn topvyfspeler afgereken toe hy Casper Ruud in Miami geklop het.

Die eindtelling was 3-6, 6-4 en 6-4 in die Nederlander se guns.

“Dit was ʼn baie taai wedstryd en Casper het soveel kanse in die derde stel gehad. Maar ek het die heeltyd gevoel dat ek sy afslane kan tem en met die telling op 5-4 het ek my kans met al twee hande aangegryp,” het Van de Zandschulp gesê.

Ondanks Ruud se goeie vertonings in 2022 – waar hy in die eindstryde van die Franse en Amerikaanse Ope gespeel het – sukkel hy vanjaar met sy bestendigheid.

Intussen is Carlos Alcaraz, Jannik Sinner, Andrey Rublev, Taylor Fritz en Holger Rune almal deur na die volgende ronde van die Miami-Ope.

Uitslae:

Botic van der Zandschulp klop Casper Ruud met 3-6, 6-4 en 6-4

Jannik Sinner klop Grigor Dimitrov met 6-3 en 6-4

Carlos Alcaraz klop Dusan Lajovic met 6-0 en 7-6

Andrey Rublev klop Miomir Kecmanovic met 6-1 en 6-2

Taylor Fritz klop Denis Shapovalov met 6-4 en 6-4

Holger Rune klop Diego Schwartzman met 6-4 en 6-2

Aryna Sabalenka klop Marie Bouzkova met 6-1 en 6-2

Belinda Bencic klop Ekaterina Alexandrova met 7-6 en 6-3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.