Novak vuur nog nie op alle suiers

Novak Djokovic is deur na die volgende ronde in Rome. (Foto: Twitter/ATP)

Ondanks ʼn spul ongedwonge foute in die eerste stel het Novak Djokovic steeds ʼn manier gevind om met Tomas Etcheverry in Rome af te reken.

Die 35-jarige Serwiër het die kragmeting uiteindelik met 7-6 en 6-2 beklink om na die volgende ronde van die Italiaanse Ope deur te dring.

“Ek speel steeds nie met die verlangde ingesteldheid nie en dit is nooit ʼn uitgemaakte saak wanneer ʼn mens teen ʼn onbekende speler speel nie,” het Djokovic gesê.

Volgens die wenner van 22 Grand Slam-titels is Etcheverry ʼn kleibaanspesialis.

“Tomas het ʼn baie beter aanloop tot die wedstryd geniet. Die tweede stel – en veral die laaste vier potte – was egter ʼn aansienlike verbetering. Ek is ook dankbaar dat ek die knoop kon deurhak.”

Dit was Djokovic se 65ste oorwinning in Rome en was nog nooit vóór die kwarteindstryd-ronde in die antieke stad uitgeskakel nie.

Hy sal in die volgende ronde rakette met Grigor Dimitrov kruis.

Uitslae:

Casper Ruud klop Arthur Rinderknech met 6-4 en 6-0

Holger Rune klop Arthur Fils met 6-3 en 6-3

Novak Djokovic klop Tomas Etcheverry met 7-6 en 6-2

Fabio Fognini klop Miomir Kecmanovic met 6-3 en 7-6

Gregoire Barrere klop Karen Khachanov met 4-6, 6-4 en 7-6

Jannik Sinner klop Thanasi Kokkinakis met 6-1 en 6-4

Cameron Norrie klop Alexandre Muller met 6-2 en 6-3

Alexei Popyrin klop Felix Auger-Aliassime met 6-4, 4-6 en 7-5

Elena Rybakina klop Jasmine Paolini klop 7-6 en 6-1

Paulo Badosa klop Ons Jabeur met 6-1 en 6-4

Iga Swiatek klop Anastasia Pavlyuchenkova met 6-0 en 6-0

Maria Sakkari klop Barborar Strycova met 6-1 en 6-3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.