Olimpiese Spele: Sokkerspan verbrou kanse

Frankryk se Alexis Beka Beka (R) en Suid-Afrika se doelwagter Ronwen Williams tydens die Olimpiese Spele in Tokio (25 Julie 2021) (Foto: Kazuhiro Nogi/AFP)

Suid-Afrika se Olimpiese sokkerspan se kanse om na die volgende ronde deur te dring is basies daarmee heen. Hulle het met 4-3 teen Frankryk verloor in ʼn wipplankstryd.

Luther Singh het ʼn strafskop vir die Suid-Afrikaners in die 40ste minuut verbrou en dit kon sake heel anders laat lyk. Die rustydtelling was gelykop met geen doele wat aangeteken is nie.

In die tweede helfte het dit doele gereën met Suid-Afrika wat drie keer voorgeloop het, net om elke keer met slordige verdediging vir die Franse kans te gee om sake gelykop te maak.

Kobamelo Kodisang het Suid-Afrika laat voorloop, maar vier minute later het die oudste man op die veld, Frankryk se 35-jarige kaptein André-Pierre Gignac, sake gelykop gemaak.

Evidence Makgopa het die Suid-Afrikaners se neuse weer voor gekry met ʼn doel in die 72ste minuut. Skaars vyf minute later het Gignac die telling 2-elk gemaak.

In die 81ste minuut was die Suid-Afrikaners weer voor toe Teboho Mokoena sy doel aangeteken het. Met vier minute oor het Gignac se driekuns behaal met ‘m strafdoel en dit het gelyk of die spanne met ʼn gelykopuitslag tevrede moes wees.

In ekstra tyd het Teji Savanier Suid-Afrika se verdediging en doelwagter Ronwen Williams geklop om die wedstryd te beklink.

Suid-Afrika hy sy openingswedstryd teen Japan 1-0 verloor en nou wag Meksiko Woensdag op die span. Meksiko het die Franse 4-1 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

isabelle ·

AG TOG ….ONGELUKKIG MAAK DIE OUTJIES DIT NET NIE …altyd n teleurstelling….3/4 nie swak nie maar ook nie goed genoeg nie :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.