Raducanu pos nóg ʼn afrigter

Emma Raducanu. (Foto: Julian Finney/Getty Images/AFP.)

Emma Raducanu was op die kruin van die tennisgolf toe sy in 2021 die Amerikaanse Ope gewen het. Maar serdert haar triomftog in New York het sy met haar spelpeil gesukkel terwyl beserings ook ʼn gereelde verskynsel geword het.

Nou, terwyl sy op die herstelpad ná enkel- en gewrigoperasies is, het sy nóg ʼn afrigter in die pad gesteek.

Sebastian Sachs was haar vyfde afrigter in slegs twee jaar.

“Ek het dit baie geniet om saam met Seb te werk, maar ongelukkig het omstandigheide dit vir ons al twee onhaalbaar gemaak om voort te gaan en ons het besluit ons paaie skei,” het Raducanu in ʼn Twitter-boodskap geskryf.

“Ek wens hom alle sterkte toe.”

Sachs het in Desember die Brit se afrigter geword, maar ʼn spul beserings het gesorg dat sy meer lángs die baan as óp die baan was.

Raducanu het tydens ʼn toernooi in Auckland haar wedstryd in trane verlaat – ʼn enkelbesering het haar ASB Classic-kragmeting teen Viktoria Kuzmova kortgeknip.

Die Brit het toe die eerste stel op ʼn drafstap met 6-0 gewen, maar die Slowaakse speler het terugbaklei om die daaropvolgende stel met 7-5 te beklink.

ʼn Rukkie later het die 20-jarige ster – wat mediese behandeling vóór die derde stel ontvang het – die aftog geblaas.

Sedert haar sukses in die Amerikaanse Ope het sy borgskapooreenkomste met die juweliersfirma Tiffany, die Duitse motormaatskappy Porsche, die Franse modehuis Dior, die Britse telekommunikasie-maatskappy Vodafone en die lugredery British Airways gesluit.

Maroela Media het in 2022 berig dat dié borgskappe haar glo meer as $20 miljoen per jaar in die sak bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

Met daardie borgskappe hoef sy verseker nie tennis te speel nie , sy moet by personeel bestuur aansluit teen die tempo wat sy van afrigter verander , dit gaan nie help nie die fout le in haar kop , na sy by die Gala byeenkoms in New York was was sy nog nooit weer dieselfde nie , dit is nou reeds 3 jaar wat sy nog nie hond haar afgemaak het nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.