Ranglys maak vir Zverev vies

Alexander Zverev. Foto: Brandon Malone/AFP.

Die jongste ATP-tennisranglys is vandeesweek bekend gemaak met Novak Djokovic wat steeds die wêreld se voorste speler is.

Rusland se Daniil Medvedev se goeie spelpeil beteken dat hy ’n ranglyssprong of twee gemaak het en hy is nou die naasbeste op die internasionale verhoog.

Maar waar die jong Rus waarskynlik partytjie gehou het omdat hy Rafael Nadal uit die tweede plek gelig het, het die ranglys vir ’n wrang smaak in die mond van Duitsland se Alexander Zverev gesorg.

Die 23-jarige Duitser is sewende op die lys, maar dit is Roger Federer se sesde plek wat hom effens omgekrap maak.

Federer het verlede week sy terugkeer tot die baan ná ’n afwesigheid van meer as 400 dae gevier. Hy het vir Dan Evans in Doha geklop, maar is in die kwarteindstryd deur Nikoloz Basilashvili uitgeskakel.

Die Switserse ster het intussen gesê dat hy vir eers na die oefenbaan sal terugkeer om nog aan sy vaardighede te skaaf.

In Federer se afwesigheid was Zverev ’n finalis by die Amerikaanse Ope en die Parys-meesters, terwyl hy ook met twee ATP-titels in Keulen weggestap het.

“Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek is Roger Federer se grootste ondersteuner, maar hoe is dit moontlik dat hy vir ’n jaar nie speel nie en steeds bo my op die wêreldranglys is?” het Zverev gevra.

“Ek het in die eindstryd van ’n Grand Slam- en ’n Meesters-toernooi gespeel. Die ranglys is tans ’n deurmekaarspul.”

  • ATP-ranglys:
  1. Novak Djokovic
  2. Daniil Medvedev
  3. Rafael Nadal
  4. Dominic Thiem
  5. Stefanos Tsitsipas
  6. Roger Federer
  7. Alexander Zverev
  8. Andrey Rublev
  9. Diego Schwartzman
  10. Matteo Berrettini

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Josua ·

Looks at the scoreboard as they say my friend!!!!! You need still to play a view tournaments and win most off them before you can ask that question, their is more to a ranking list than winning one or two tournaments, but I agree, if it is a year to year based ranking list then you have a certain point, if it is a overall ranking list you still lack a view years of tennis and tournaments won to compare with Roger Federer sorry to say.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.