Sabalenka teen Azarenka in Brisbane-halfeindstryd

Aryna Sabalenka laat waai in Australië (Foto: Paul Crock/AFP)

Aryna Sabalenka, die verdedigende Australiese Ope-kampioen, het pas haar 14de wedstryd op ʼn streep in Australië gewen.

Die 25-jarige Belarussiese speler het vir Daria Kasatkina met 6-1 en 6-4 geklop om vir die halfeindstryd van die Brisbane International-toernooi te kwalifiseer.

Sy sal in een van die halfeindstryde teen haar landgenoot, Victoria Azarenka, te staan kom.

Sabalenka behoort die gunsteling te wees om die wedstryd te wen: Sy het reeds drie van die twee spelers se vorige vier kragmetings gewen.

In teenstelling met Sabalenka se blitsvertoning teen Kasatkina, het Azarenka met tye harde bene teen Jelena Ostapenko gekou.

Dit het haar meer as twee uur geneem om die wedstryd met 6-3, 3-6 en 7-5 te beklink.

In die mansafdeling het Grigor Dimitrov, Holger Rune en Roman Safiullin reeds hul plekke in die halfeindstryde bespreek, terwyl Rafael Nadal teen Jordan Thompson in die finale kwarteindstryd speel.

Die telling is tans 2-2 in die eerste stel.

  • Kwarteindstryd-uitslae:

Vroue:

Aryna Sabalenka klop Daria Kasatkina met 6-1 en 6-4

Elena Rybakina klop Anastasia Potapova met 6-1 (Potapova onttrek aan wedstryd)

Linda Noskova klop Mirra Andreeva met 7-5 en 6-3

Victoria Azarenka klop Jelena Ostapenko met 6-3, 3-6 en 7-5

Mans:

Grigor Dimitrov klop Rinky Hijikata met 6-1 en 6-4

Holger Rune klop James Duckworth met 6-2 en 7-6

Roman Safiullin klop Matteo Arnaldi met 7-6 en 6-2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.