SA’ner wil met branderplank deur Olimpiese waters klief

Jordy Smith. Foto: Facebook.

Die wêreld se sesde beste branderplankryer, Suid-Afrika se Jordy Smith, is stewig op pad om vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Japan te kwalifiseer.

Branderplankry is een van vier sportsoorte wat hul debuut by die Tokio-spele sal maak.

Smith het negende tussen van die wêreld se voorste branderplankryers by die afgelope World Surf League se kampioenskaptoer by Jeffreysbaai geëindig.

“Om as die eerste Suid-Afrikaner bekend te staan wat op sy branderplank by die Olimpiese Spele in aksie sal wees, sal vir my ’n groot eer wees. Ek werk tans kliphard om daardie doelwit te verwesenlik,” het Smith gesê.

Die finale ranglys sal bepaal word na afloop van die laaste toernooie vir 2019 – die Hawaiian Pro en die Billabong Pipe Masters.

Die wêreldranglys sal die eerste 18 Olimpiese kwalifiseerders oplewer (10 mans en agt vroue), terwyl die ander 22 plekke deur posisies by die ISA Wêreld Branderplankry-spele en die Pan-Amerikaanse Spele bepaal word.

’n Maksimum van twee mans en twee vroue van elke land kan kwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.