Nóg ’n SA speler onder top 100

Erik van Rooyen. Foto: ANA.

Suid-Afrika se Erik van Rooyen is tans 89ste op die wêreldgholfranglys ná ’n sterk vertoning by die afgelope PGA‑kampioenskap in Amerika.

Van Rooyen het saam met internasionale gholfhardebaarde soos Noord-Ierland se Rory McIlroy en Australië se Adam Scott in die gesamentlike agtste posisie geëindig. Die toernooi is uiteindelik deur die VSA se Brooks Koepka gewen.

Sy goeie vertoning het gesorg dat hy 17 ranglysplekke gespring het en nou die 89ste posisie op die ranglys beklee.

Die 29-jarige het rondes van 70, 68, 70 en 73 gespeel en het die beste onder die Suid-Afrikaners vertoon.

Justin Harding (54ste) en Louis Oosthuizen (60ste) was die enigste ander Suid-Afrikaners wat die valbyl vrygespring het.

Oosthuizen (20ste) bly egter die voorste SA speler op die ranglys met Harding (45ste) die tweede beste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.