Goud én nuwe rekord vir SA se Schoenmaker

Tatjana Schoenmaker. (Foto: Reg Caldecott)

Suid-Afrika se nuwe swemsensasie Tatjana Schoenmaker het haar eerste goue medalje by die Wêreldbeker-byeenkoms in Tokio gewen.

Die byeenkoms het Vrydag in dié stad begin.

Schoenmaker het die 200 m-borsslag met ʼn indrukwekkende nuwe Wêreldbeker-tyd van 2:22.35 gewen, ʼn verbetering op Viktoria Gunes se 2015-rekord van 2:22.87.

Die silwer en brons het gegaan aan Japan se Reona Aoki met ʼn tyd van 2:24.33 en Spanje se Jessica Vall Montero met ʼn tyd van 2:25.32.

Schoenmaker neem môre ook aan die 100 m-borsslag deel. Sy het by die Wêreldbeker-byeenkoms sesde in dié nommer geëindig.

Dit is die 22-jarige se debuut by ʼn Wêreldbeker-byeenkoms.

Sy was onlangs ook die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat ʼn medalje by die Wêreldkampioenskap kon verower toe sy tweede in die 200 m-borsslag klaargemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alwyna ·

Baie geluk Tatjana! Hoop daar is vir jou nog hope goues vorentoe!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.