136 lopies: Conway se naam pryk op Lord’s-ererol

Devon Conway vier sy honderdtal. Foto: Adrian Dennis/AFP.

’n Seisoen of twee gelede het Luke Ronchi, die voormalige Nieu-Seelandse paaltjiewagter, die Suid-Afrikaans gebore Devon Conway se lof besing.

Die 29-jarige voormalige Johannesburger het toe pas sy Nieu-Seelandse verblyfreg gekry en hy is onmiddellik ’n nasionale kontrak aangebied.

“Sedert Devon sy verskyning in Nieu-Seeland so ’n paar seisoene gelede gemaak het, tel hy gereeld onder die voorste lopiemakers in die reekse waarin hy speel. Dit is indrukwekkend om te sien – ’n kolwer wat met sy vertonings die deur van nasionale erkenning oopdwing,” was Ronch se presiese woorde.

En indrukwekkend is Conway beslis.

Ná ’n indrukwekkende witbalkrieketbuiging vir die Swartpette (T20-gemiddeld van 59,12 en eendagkrieket-gemiddeld van 75,00) het hy gister ’n honderdtal in sy eerste toets geslaan; op Lord’s nogal.

Die linkshandige kolwer het die beurt vir Nieu-Seeland geopen; teen uitskeityd was hy steeds voor die paaltjies met 136 onoorwonne lopies agter sy naam.

“Ek het nooit eens aan ’n honderdtal in my eerste toets gedink nie. Al wat vir my saak gemaak het, was om ’n kans te kry om op hierdie vlak te speel,” het Conway gesê.

Hy het ongetwyfeld sy geleentheid met albei hande aangegryp. Hy het sy honderdtal met ’n grenshou aangeteken, terwyl hy Sourav Ganguly se rekord verbeter het: Devon Conway spog nou met die hoogste telling ooit in ’n eerste toets op Lord’s.

En om te dink dat hy ’n paar jaar gelede gesukkel het om gereelde speelkans vir sy provinsiale span in Suid-Afrika te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grond ·

Devon het van 2009 tot 2017 vir die Highveld Lions en die Dolphins aan en af gespeel (kwota stelsel en/ of swak afrigting en/of swak keurkomitees ?). Hoe kon die twee Suid Afrikaanse spanne nie hierdie talent raak gesien het of het hy in twee jaar skielik net ontwikkel in ‘n uitstaande speler op die wêrld verhoog

Jack Russ1 ·

Hy het oorgegaan NZ toe en was in sy eerste 2 seisoene speler van die jaar. Hy het ook die meeste lopies in ‘n hele paar plaaslike toernooie gemoker.

Weet nie of dit net was dat hy hier nie die motivering gehad het nie, maar toe hy in NZ land het hy begin skitter. Seker omdat hy daar geweet het hy kan iewers kom

Oom Kaspaas ·

Hier word daar eers na ander goed gekyk voordat daar na sy talent gekyk word. Dit gaan al meer met SA sport gebeur, want die “transformasie” syfers is belangriker as die land se trots en die behou van plaaslike talent. Kyk maar reg oor internasionale sport. In die NZ krieketspan wat in die WTC finaal speel = 3 SA’s – Devon Conway, BJ Watling, Neil Wagner. Marnus Labuschagne een van top toets kolwers in die wêreld vir Aus en Dawid Malan no1 T20 kolwer in die wêreld vir Engeland, nie gepraat van die wat al in die verlede SA harte gebreek het nie, Kevin Pietersen, Andrew Strauss, Grant Elliot, Colin Munro. Dan vra hulle hoekon die groot “C” altyd uitkom as ons in ‘n ICC toernooi kom

Oom Kaspaas ·

Hier word daar eers na ander goed gekyk voordat daar na sy talent gekyk word. Dit gaan al meer met SA sport gebeur, want die “transformasie” syfers is belangriker as die land se trots en die behou van plaaslike talent. Kyk maar reg oor internasionale sport. In die NZ krieketspan wat in die WTC finaal speel = 3 SA’s – Devon Conway, BJ Watling, Neil Wagner. Marnus Labuschagne een van top toets kolwers in die wêreld vir Aus en Dawid Malan no1 T20 kolwer in die wêreld vir Engeland, nie gepraat van die wat al in die verlede SA harte gebreek het nie, Kevin Pietersen, Andrew Strauss, Grant Elliot, Colin Munro, 11 SA spelers vir Engeland na Andrew Strauss. Dan vra hulle hoekon die groot “C” altyd uitkom as ons in ‘n ICC toernooi kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.