Krieket: Proteas maak dit 3-0 teen Indië

Quinton de Kock (Foto: Hansie Linde)

Dit was naelskou, maar die Proteas het die derde eendagwedstryd teen Indië in Kaapstad ook gewen om die reeks 3-0 af te sluit. Nie net het hulle die eendagreeks gewen nie, maar ook die toetsreeks.

Quinton de Kock was weer die Suid-Afrikaners se kolfheld met 124 lopies (12×4, 2×6) van 130 balle af. Rassie van der Dussen was sy beste kolfmaat met 52 van 59 balle af. Die Proteas het vir Indië ʼn wenteiken van 288 lopies gestel nadat hulle in die laaste boulbeurt almal uit is. Prasidh Krishna was die besoekers se beste bouler met syfers van 3/59.

Indië se kolfbeurt het rampspoedig begin met kaptein KL Rahul wat terug is pawiljoen toe vir net nege lopies. Shikhar Dhawan en Virat Kohli het die beurt weer op koers gekry met ʼn vennootskap van 98 lopies voordat Dhawan uit is vir 61. Rishabh Pant is uit vir ʼn nulletjie. Toe Kohli uit is om die telling 156/4 te maak, het dit gelyk of Indië weer maklik gaan vou.

Shreyas Iyer (26), Suryakumar Yadav (39) en Deepak Chahar (54) het dit weer laat lyk of Indië die kastaiings uit die vuur gaan krap. Veral slordige bouwerk van Lungi Ngidi en Sisanda Magala wat 25 lopies in twee boulbeurte laat in Indië se kolfbeurt afgestaan het, het die besoekers hoop gegee.

Rassie van der Dussen (Foto: Hansie Linde)

Danksy uitstekende vangwerk deur kaptein Temba Bavuma is Indië se opmars in sy sport gestuit. Die laaste paaltjie val in die laaste boulbeurt. Dit besorg aan die Proteas ʼn oorwinning met vier lopies. Ngidi eindig met 3/58 en Andile Phehlukwayo met 3/40 van sy sewe beurte af.

De Kock is aangewys as Speler van die Wedstryd asook Speler van die Reeks vir sy 229 lopies in drie kolfbeurte.

Indië het baie om oor na te dink na hierdie toer aangesien hy die toer as gunsteling begin het en verwag is dat die Suid-Afrikaners nie ʼn kans staan nie.

Vir Suid-Afrikaanse krieket gaan die fokus nou eers van die veld af wees met afrigter Mark Boucher wat reeds hierdie week voor ʼn tugkomitee verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koen ·

Mooi so, Proteas! Welgedaan. Julle wat so gebid het vir ‘n verloor – Wat nou?

Koen ·

Ek sien die bitterbekke ge nou naamlose “lippe teen die klippe” gesiggies. Eish, dit moet seer wees.

piet ·

Jy sal nog agterkom dat hier ‘n groot groepie is wat geen swart spelers in die span wil he nie. Leef nog onder die klip van Apartheid.

annie ·

Miskien kan iemand dit dalk probeer waag om ons nuwe super-spelers en hul super-duper-slim base weereens daaraan te herinner dat dit teen die reëls (vir alle rasse) sou wees om met die bal te peuter. Ek sê maar net…

Anel ·

So, nou wat het KSA nou te sê? Boucher het sy kant gebring en die reeks is onder hom gewen. Hy het net so goed by die Titans gevaar. Maar nou mag hy nie, agv jaloesie! Gogga kon nie regkry wat Mark reggekry het nie en nou maak hy 100 jaar later allerhande bewerings. Hoekom nie dadelik gekla nie? Maar hier werk dit mos do, as hulle nie hulle sin kry nie dan sktee hulle rasisme. Maar nou ja. Blankes mag mos niks goed doen of uit styg nie. Ons eerk baie hard vir wst ons bereik. Kry niks op ‘n skinkbord nie.!!!

Dirk Mostert ·

Markram het in die vorige twee wedstryde elke keer ‘n paaltjie gekry en min lopies afgestaan, maar Bawuma laat hom nooit ‘n volle kwota boul nie.

Elmarie ·

Hou nou so aan – ons soek ‘n wêreldbeker in krieket asb!

Danie ·

Wel gedaan aan ons “rassistiese” afrigter. KSA is die grootste sirkus en nog n groter skande op die wereld se sport verhoog. E skaam my nog vir die spelers wat die kniee so gebuig het!

Frans ·

Gelukkig het die kolwers genoeg gedoen om weereens ‘n totaal aan te teken wat selfs swak boulwerk kon oorkom.Party van die boulers was onfiks en oorgewig.

BRBR ·

Goeie werk, Proteas!

(1) Iemand moet teen die KSA administrasie begin opstaan. Daar is heeltyd nonsens wat langs die veld aangaan en ons spelers verdien dit nie. Wêrelbekers, of reekse, gaan kyk maar. Altyd negatiwiteit in media agv KSA. Dinge gebeur, maar tog wees professioneel en hou dit privaat.

(2) Is dit aanvaarbaar dat mense aanklagte jare na gebeure opbring? As dit regtig so erg was, bring dit dadelik tot die nodige aandag. Gooi dit uit, klink soos aandag soek nou.

MAGRIETHA ·

Welgedaan De kock jy verdien dit dis n plesier om jou te sien kolf net soos vir AB

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.