Morkel sê hy is klaar met Pakistan

Suid-Afrika se Morné Morkel. (Argieffoto)

Morné Morkel het besluit hy is vir eers klaar met Pakistanse krieket.

Die oud-Protea is vroeër vanjaar as Pakistan se snelbouler-afrigter aangestel, maar hy het nou besluit om die span vaarwel te roep – ses weke vóór sy kontrak amptelik verstryk.

Die land se krieketbase het die nuus in ʼn kort verklaring bevestig.

Hoewel Shaheen Shah Afridi (18 paaltjies), Haris Rauf (16 paaltjies) en Mohammad Wasim (10 paaltjies) die Pakistanse snelboulervlag by die Wêreldbeker in Indië laat wapper het, kon die span nie vir die uitspeelronde van die toernooi kwalifiseer nie.

Hulle het hul veldtog in die vyfde plek afgesluit nadat hulle onder meer teen Suid-Afrika, Indië en Afghanistan verloor het.

Morkel is besig om ʼn goeie afrigtersgetuigskrif op te stel. Hy was deel van Namibië se opset tydens die vorige T20-Wêreldbekertoernooi in Australië, terwyl hy ook Durban’s Super Giants en die Lucknow Super Giants se boulers in die onderskeie mik-en-moker-toernooie in Suid-Afrika en Indië bygestaan het.

Dit is juis sy SA20- en Indiese Premierliga-pligte wat glo ʼn invloed op sy afrigterstoekoms saam met Pakistan het.

Morkel het in sy internasionale speeldae beïndruk met die wip wat hy vanaf enige baanblad kon bewerkstellig en hy het uiteindelik 309 toetspaaltjies laat kantel.

Hy het veral ʼn gedugte boulvennootskap saam met Dale Steyn en Vernon Philander gevorm en saam het hulle die Suid-Afrikaners se rooibalkrieketspan na groter hoogtes geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

George ·

Pakistan se geskiedenis met hulp afrigters na elke world cup. Geskiedenis laat my dit glo.

Richard ·

Pakistan se probleem is nie afrigting nie. Dit is politiek in sport, soos Wes-Indie, soos S.A.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.