Die patroon van fase 2-beurtkrag in die oggend en fase 3-beurtkrag in die aand sal daagliks herhaal tot verdere kennisgewing.
Lees meerAlles vir Dinsdag 14 November 2023
Wêreldbeker steeds veilig ná inbrekers toeslaan
Die Webb Ellistrofee is steeds veilig ná inbrekers Maandagaand op ʼn gebou in Plattekloof in Kaapstad toegeslaan het waar die trofee gehuisves word.
Crimen injuria-verhoor van polisiehoë begin uiteindelik
Genl.maj. Sandra Malebe-Thema word aangekla van sewe klagtes van crimen injuria nadat sy na bewering verskeie wit polisiebeamptes by die Oudtshoorn-polisieopleidingskollege verneder en hulle menswaardigheid aangetas het.
Gesteelde radioaktiewe houer gevind
ʼn Gesteelde houer, wat radioaktiewe inhoud bevat het, is Dinsdagoggend by ʼn skrootwerf in North End, Gqeberha gevind.
ANC se ‘Groot Broer’-benadering smoor werkskepping
“Solank as wat die ANC aan bewind bly, sal die status quo voortduur.”
Erge donderstorms saai verwoesting
Donderstorms het Maandagmiddag en -vroegaand verwoesting gesaai oor die noordoostelike dele van die land.
Vierpoot-terapeute laat eksamenstres wegsmelt
Die ‘pootsitiewe’ energie wat die terapiehonde meebring, word by die Universiteit van Pretoria ingespan om studente te help om ʼn behoorlike blaaskans te midde van die kwaai eksamendruk te neem.
Uitdrukking: Die knoop deurhak
Mense sê soms (verkeerdelik) dat ʼn paartjie die knoop gaan deurhak wanneer hulle trou. Taaltoffie gee die korrekte gebruik van die uitdrukking “die knoop deurhak”.
Nuwe hoof vir Graan SA
Graan SA is oortuig dat hy ʼn bekwame en vooruitdenkende leier is wat ʼn magdom kundigheid en vermoëns na die tafel bring.
‘Geregtigheid vir Megan’ pleit inwoners ná moord
Inwoners met plakkate wat lui “Geregtigheid vir Megan” het in die hofsaal gesit waar haar vermeende moordenaars Dinsdag verskyn het.
Werkloosheidskoers net-net laer
Volgens Statistieke Suid-Afrika het 16,7 miljoen mense in Suid-Afrika tans werk. Die indiensnemingsyfer is nou weer op dieselfde vlak as voor die verwoestende Covid-19-pandemie.
Finansieskomitee vir voorstel om BTW op sekere kos te skrap
Sou BTW op nog kossoorte geskrap word, sal dit die finansiële druk op huishoudings verlig wat reeds sukkel om kos op die tafel te sit.
ToekomsVenster: Die soort vrede wat die Here gee
Ons is moeg en het verkwikking nou nodig.
‘Jou dae is getel’: Lesufi vra verskoning ná opmerking
Panyaza Lesufi, Gautengse premier, moes inderhaas Dinsdag die hand van vrede uitsteek ná hy gewraakte opmerkings in ʼn uitgelekte video gemaak het.
Kiwi’s meen Smith se WB-drie was geldig
Volgens ʼn Nieu-Seelandse publikasie het Wêreldrugby glo agter geslote deure toegegee dat Aaron Smith se drie in die Wêreldbeker-eindstryd toegeken moes word.
Ikoniese groepe rock 60 jaar later wéér op trefferlys
Dié legendariese rockgroepe, wat beide in die 1960’s ontstaan het, het in 1964 vir die eerste keer saam op die Billboard Hot 100-trefferparade verskyn.
Byna 400 operasies gekanselleer oor watertekorte by GP-hospitale
“Die Edenvale-hospitaal moes 117 operasies kanselleer weens sewe wateronderbrekings met lae druk of geen water nie. Die onderbrekings het in sommige gevalle tot ʼn week lank geduur.”
Vrou erg beseer ná sy tydens Bok-toer op polisievoertuig ‘spring’
Die 20-jarige vrou se been moes glo ná die voorval afgesit word.
Drie vas oor aanlyn kinderpornografie
Die inhegtenisnemings is gedoen deur ʼn spesiale operasie wat in samewerking met die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid in Gauteng uitgevoer is.
Ontbinding van Jhb-raad ‘enigste oplossing’
“Ons glo vas dat die inwoners van Johannesburg beter verdien. Hulle verdien ʼn raad wat deursigtig, verantwoordbaar en ten volle daartoe verbind is om gehaltedienste te lewer.”