
Aaron Smith seil oor die Springbok-doellyn op die Stade de France. Die drie is egter nie toegeken nie en die Bokke het die wedstryd met 12 – 11 gewen. (Foto: Thomas Samson/AFP)
Meer as twee weke nadat die Springbokke die Webb Ellis-trofee op die Stade de France omhoog gehou het, mor ʼn hele paar Nieu-Seelanders steeds oor die uiteindelike uitslag.
Die Suid-Afrikaanse rugbyspan het ʼn titaniese eindstryd met 12–11 beklink om vir ʼn vierde keer in die toernooi se geskiedenis met die louere weg te stap.
Nou word daar uit Nieu-Seeland berig dat Aaron Smith se drie in die 54ste minuut van die kragmeting eintlik geldig was.
Die ervare skrumskakel – wat in sy laaste wedstryd vir die All Blacks gespeel het – het ná Richie Mo’unga se goeie lopie oor die Springbok-doellyn geseil, maar TV-skeidsregter Tom Foley se valkoë het ʼn aanslaan in aanloop tot die drie raakgesien.
Hy het skeidsregter Wayne Barnes in kennis gestel en ʼn kort rukkie later is daar beslis dat Smith se driedrukpoging nie tel nie.
Volgens Stuff het Wêreldrugby – as’t ware in die privaatheid van sy binnekamer – glo toegegee dat dit die verkeede beslissing was.
World Rugby have reportedly told the All Blacks that Aaron Smith’s try in the final should not have been ruled out according to https://t.co/jz28ChClu8 ???? pic.twitter.com/BzUzrovKXU
— BallCarrier (@BallCarrier_) November 14, 2023
Die aanslaan het glo vier fases vóór Smith se sierlike duikslag plaasgevind; volgens Wêreldrugby-protokol het ʼn televisiebeampte slegs volmag om vir ʼn fout twee fases vóór die uiteindelike drie te soek.
Beauden Barrett het weliswaar ʼn kort rukkie later die enigste drie van die wedstryd gedruk, maar Mo’unga het toe skeef gekorrel met sy stelskoppoging.
Kiwi-afrigter Ian Foster het ná die eindfluitjie geblaas het, gesê dat daar baie druk op die skeidsregter was.
“Ek stem nie saam met elkeen van Wayne [Barnes] se beslissings nie, maar dit verander nie die feit dat hy ʼn topskeidsregter en -mens is nie.”
Sir Steve Hansen het ook vroeër sy misnoeë met die inmenging van televisie-skeidsregters uitgespreek.
“Ek glo daar moet net van die TV-beampte gehoor word wanneer die skeidsregter hom vra of hy ʼn drie kan toeken of nie. Ons sit deesdae met stop/begin-wedstryde en die ondersteuners moet sekerlik al moeg wees daarvoor,” het die 64-jarige afrigter gesê.
There are two scenarios
A) "A mistake was made in the Aaron Smith try as the TMO reviewed an incident more than two phases prior to disallow a try."
B) A mistake was made by match officials who missed a clear knock on in the lead up to Aaron Smith's try.
Pick your poison.
— Pengiuno (@knightlillian12) November 14, 2023
Skandelik. WR moet verseker pa staan vir hulle foute.
Wat ookal my span moes gewen het. ALL BLACKS!!!!
Ai ai ai, julle was redelik stil na die finaal en nou raas almal weer. Barret se drie was ook ongeldig want dit was ‘n vorentoe aangee gewees maar niemand kla daaroor nie. Kom nou oor dit
Ai Euodia kom net oor dit!! Maak nie saak wat nou als bespiegel word nie. Die wen was toe ‘n wen.
Ai Euodia. Ek hoop as jy eendag SASSA en of pension moet trek, kry jy dit van New Zeeland se staat af en nie Suid-Afrika s’n nie.
Euodia hulle was nie die beste so hulle het jou in die steek gelaat niemand anderste.
Verseker veral vir bal vas hou van die all blacks elke losskram n allblack hand hulle speel al vir jare vuil
Wêreldrugby moet net nie die bekertjie wegvat nie. Die land sal teen die planke wees. Vier jare van smart. Die bekertjie is al wat ons het. Nieu Zeeland het ‘n nuwe regering en sal aanbeweeg.
Euodia, Hier is darem baie suur trolle wat nie aanvaar die All Blacks is die beste nie. Ek en miljoene ander Suid Afrikaners ondersteun die All Blacks.
In 2023is dit die TV-skeidsregter se skuld. In 1995 was dit Suzie se gedokterde kos se skuld. Wat is volgende?
Agge shame,lHoe lank gaan die kiwis nog huol oor hul verlore kanse?
Hierdie is nie ‘n matriek vraestel wat julle kan laat oor merk nie Varings. Vat die verloor op die ken en probeer volgende keer weer.
Dalk kan julle eendag die beste rugbyspan in die wereld se rekord ewenaar, maar dit gaan nie in een van ons se leeftyd gebeur nie.
Daar’s soos hul se net twee maniere om daarna te kyk. Die Bokke gaan kyk na die aanslaan maak nie saak hoe ver terug nie. En die Kiwis oor dat die TMO 2 bewegings te ver terug gegaan het.
Daar is nie twee manier om daarna te kyk nie want daar is net een reel. Wêreldrugby-protokol het ʼn televisiebeampte slegs volmag om vir ʼn fout twee fases vóór die uiteindelike drie te soek.
So Vuurvliegie, julle sou tevrede gewees het as die drie toegeken is ongeag die feit dat die skeidsregter nie die aanslaan gesien het nie. En julle sê ons maak staat op skeidsregters om ons te laat wen. Ek kan maar net my kop skud.
3 weke na die tyd kan hulle nog steeds nie oor die verloor kom nie. Wens NZ wil ophou huil. Hulle drie wat nie ‘n drie was nie is toegeken so die 2 kanseleer mekaar uit. Daar.
Selfs Rassie het daai drie aanvaar, en hy is mos rugby. Dis ook nie die Kiwis nie, die was Wereld Rugby wat uitgekom het met dit.
Ek stem Fran, die All Blacks sukkel om hul verloor te vat. Nou gryp hul en hul ondersteuners na grashalms.
Nou te laat!!!
Check die score bord.
Gaan terug na die dae toe die skeidsregter in sommige gevalle die lynregters geraadpleeg het en alleen op die veld ‘n besluit moes neem. Hulle kan selfs 4 lynregters, 2 vir elke helfte weerskante van die veld aanstel, dit sal die alewige tv skeidsregter en etlike minute se speeltyd wat verlore gaan inperk. Lynregters kan nie die hele lengte van ‘n veld dek nie, die spel is soms eenvoudig net te vinnig. Dit gaan ook groeipyne hê, maar met baie minder onderbreking. Mens moet deesdae al 2 ure voorsiening maak vir ‘n 80 minute wedstryd.
Praat van slegte verloorders…. Hulle bekyk die wedstryd omtrent onder n microskoop.
En as ons in hulle skoene was, wat dan?
Swartbees, ek is seker, as ons verloor het, sou jy nou nog gekla het, en nie net aanvaar het nie.
Rerig bou ‘n brig en kom oor dit.Ha Ha
BrUg
Regtig!! Ek glo jy het verstaan wat hy gesê het. Of is dit moeilik aangesien jy ‘n All Black ondersteuner is!
Jakkie, verstaan jy alles wat jou geliefde prez sê?
Daar was ‘n aanslaan, so wat maak dit saak wie opdrag gegee het dat die drie ongeldig moet wees? Maar dit is myns insiens waar dat die inmengery vd TV beamptes die spel al hoe maar onaanskulik en rukkerig maak. En dis sommer twak om ‘n geel kaart so lank na die tyd te omskep in n rooi kaart. Die reels vd spel het die laaste jare begin maak dat dit al minder vloei en almal is mos nou bang vir hofsake. As ‘n speler skeef kyk vir ‘n ander word albei sommer getoets vir harsingskudding en te hard staar na mekaar. Belaglik. Niemand dwing niemand im te speel nie. Vat die punch of pak jou tok sak. In die ou dae het die manne gespeel dat die bloed loop en dit was klipharde goeie rugby. Vandag is netbal harder he he
Ai tog, altyd sal daar aan alle kante die tipe van opmerkings wees. Ek wonder net of die manne wat so kritiek lewer dieselfde behandeling as Rassie gaan kry oor hulle kritiek lewer. Die man is darem ernstig uitgehaal oor hy durf kritiseer het. Of geld dit net wanneer dit by Suid Afrika kom. Die tipe besluite gebeur amper in elke spel, nie altyd regverdig nie “hang af van watter kant jy kyk”, maar soos met Golf ook se die punte en die hoeveelheid houe wat jy gespeel het op die telkaart nie waar die bal gele het nadat jy hom geslaan het nie.
Lekker Boys! Die Bok-Trui gaan voortaan een langmou he om plek te maak vir die al die jaartalle…
Die bok gaan volgende jaar verdwyn.
Baie ironies. Met die Bongi geval was wereld rugby die mees “regverdigste” en nou die teenoorgestelde. ??????
SA ondersteuners sal nooit tevrede wees en altyd ktitiseer
Stem saam Leon. Suid Afrikaners het oor die algemeen uiters swak maniere as dit by rugby kom.
Ter aanvulling. Wys net Suid Afrikaners sal nooit tevrede wees
Ore, interessantheidshalwe net die volgende,die speler wat die bal na Bsrrett toe aangeneem het se hande het agter toe gewys.Die bal het toe gehop en vorentoe gespat,beslis ‘n drie.Daar word altyd gekyk in watter rigting die speler wat die bal aangee se hande wys om te bepaal of dit vorentoe was.Etzebeth moes inderwaarheid ‘n rooiaart gewys gewees het omdat,hy ‘n All Black speler met die voorarm in die gesig uit die pad gestamp het,gevaarlike spel.Faf het duidelik by ‘n skrum die bal aangeslaan en die spel is voort gesit.
Eerste logiese antwoord van die dag. Geluk. Wys daar is darem in “eenoog” se land wat sy rugby ken
100% korrek Casper. Baie foute is oorgesien aan die Bok kant
Help julle gesanik en tjankery julle enigsins?Kom nou oor dit,asseblief kiwi ondersteuners….die WB is in SA vir die volgende 4 jaar.
En oor 4 jaar is ons almal ryk en gelukkig.
Die eindtelling is in Mumbai bepaal.
Euodia, Trek sommer soontoe en moet nooit weer terug kom nie, Wat wel n feit is , Jou kinders sal nooit vir die kan AB’s speel nie. Kry vir jou
Sy was die stilste na die finaal, nou gaan sy weer aan….. ek dink hier is n klompie AB ondersteuners wat nie by die bankbestuurder reggekom het nie, na hulle al hulle geld by die “bookies” verloor het!
Henry, asof jou kinders vir die Bokke speel. Jy bly dan in Suid Afrika, wat is dan fout?
Ja, net soos hulle kos gedoepa was in 1995.
Asb ek doen n beroep op sakemanne wat toilet papier en snees doekies vervaardig om asb n paar ton na New Zealand te stuur sodat hulle nou hul trane kan afvee en net kan voortgaan. Dankie
AG OU NIEU SEELAND WEN IS WEN EN VERLOOR IS VERLOOR KLAAR PUNT. KAN NIE VERDER GAAN NIE EN WAT GAAN HUL DOEN DOEN DIE SKEIDREGTER DAAGVAAR DIS NIE HY NIE EN TV HET GESE DAAR WAS NIE DRIEE (BETEKEN 3 ) VRA NIEU SEELAND WAT BETEKEN 3 WIL DRIE PUNTE HE………
Dit raak nogal belaglik hoe baie daar gekerm word. Nie een van NZ se drieë was geldig nie, want albei het aanslane bevat. Die wedstryd was naby, maar die regte span het gewen deur beter te skop, en te verdedig.
Maar BRBR, selfs Rassie het gese die drie staan en was nie fout nie, en hy is dan alles vir die saffa ondersteuner.
Law 21 states, NOT LIMITED TO WITHIN 2 PHASES, wat beteken dat Al is dit 4 fases terug Kan TO4 dit steeds herroep.
Dankie Marthinus! gooi hulle met die reelboek, ek hou daarvan. Miskien verstaan hulle nou effe beter.
All Blacks altyd selektief met die waarheid, so ook hul ondersteuners. Maar twee finale, twee bok oorwinnings. Vat so kiwis en cape maori’s.
En so hou die suur druiwe aan en aan…. Wat wil die Kiwi’s daar deur bereik? Die wedstryd laat oor speel of die beker wegneem van die Springbokke? Daar was foute begaan na beide kante toe, so kom nou net daaroor! Die Kiwi aanhangers wat in SA woon en werk behoort hulle te skaam! Ek wonder hoe hulle Nieu-Zeeland sal ervaar as hulle daar sou woon? Dit is nie werklik die Utopia wat seker mense dink nie. Ek het Vriende wat al 30+ jaar daar woon en nogsteeds Suid-Afrikaners in hul harte is en ons sportspanne ondersteun. TROTS Suid-Afrikaans al is ons pragtige land deesdae soos ‘n riool poel….
Maar jou pelle se kinders ondersteun seker die ABs, of hoe?
Nog beter, jou pelle moet eerder terugkom. Ons geliefde land het hulle nodig.
Ek was nog altyd ‘n bewonderaar van AB rugby ALHOEWEL ek ‘n Sprinbok ondersteuner is. Maar ek het gehoop nadat Shaun Fitzpatrick ( fantastiese speler) uitgetree het het die AB klaar GEHUIL ! Ek was weereens verkeerd . AB is MEESTERS met obstruksie – as jy rugby ken kyk weer !
Ek kan jou verseker Steve Hansen dat ons glad nie moeg is dat die TMO van hom laat hoor, nou gaan die AB se foute wat al die jare oorgesien was, uiteindelik raakgesien word…
Ek stoor jou kommentaar…
Help julle gesanik en tjankery julle enigsins?Kom nou oor dit,asseblief kiwi ondersteuners….die WB is in SA vir die volgende 4 jaar.
Ek doen ‘n beroep op al die Suid-Afrikaanse nasionale rugby ondersteuners om meer positief te wees oor jul land, op alle terreine. Julle kla die meeste as mens so na die kommentare kyk. Wat gaan aan mense? Julle land en regering het julle ondersteuning nodig. Luister na jul kaptein wat hier is om te dien.