Phehlukwayo, Baartman uit reeks

Andile Phehlukwayo. (Argieffoto)

Beserings beteken dat die Proteas se Andile Phehlukwayo en Ottniel Baartman nie vir die oorblywende wedstryde in die eendagreeks teen Indië oorweeg sal word nie.

Die linkshandige snelbouler Beuran Hendricks is deur die Protea-bestuur nadergetrek om hul skoene vol te staan.

Phehlukwayo se 33 lopies het in die eerste eendagwedstryd op die Wanderers darem toegesien dat die Suid-Afrikaners meer as 100 lopies in hul rampspoedige kolfpoging kon aanteken.

Hy het later ook vir Shreyas Iyer terug na die kleedkamer gestuur, maar die Indiese kolwers het nogtans 15 lopies van sy een boulbeurt gemoker.

Die tweede eendagwedstryd word vandag op St. George‑park beslis en die Proteas sal hard werk om ʼn meer bestendige vertoning te lewer.

“Een van die maniere om meer bestendige spel op te dis, is om die goeie en die slegte op die speelveld ter ervaar en dan te verstaan waarom dinge juis op daardie manier uitgedraai het. Wanneer die toestande saamspeel, kan ons 400 lopies aanteken, maar ons soek nog na maniere om 280 lopies op ʼn moeilike baanblad te slaan,” het JP Duminy, hulpafrigter, gesê.

Die St. George‑park-kolfblad is beslis nie die vinnigste in die land nie en die Proteas kan weer twee draaiers – Keshav Maharaj en Tabraiz Shamsi – in hul elftal hê.

Die wedstryd begin om 13:00 en die aksie word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

Protea-groep: Aiden Markram (kaptein), Nandre Burger, Tony de Zorzi, Beuran Hendricks, Reeza Hendricks, Heinrich Klaasen, Keshav Maharaj, Mihlali Mpongwana, David Miller, Wiaan Mulder, Tabraiz Shamsi, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne en Lizaad Williams.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.