Protea-kolwers trap klei teen Pakistan

Pakistan vier nóg ’n Protea-paaltjie. Foto: Twitter.

Quinton de Kock se vyftigste toets vir Suid-Afrika het nie baie goed begin nie.

Die 28-jarige paaltjiewagter – wat tereg as die Proteas se voorste speler bestempel word – het vandag met ’n baie flou hou sy paaltjie teen Pakistan weggesmyt.

Toegegee, die res van die kolwers het nie veel beter gevaar nie. Want saam met De Kock het Dean Elgar, Faf du Plessis en Temba Bavuma ook almal hul paaltjies in ’n enkele sessie verloor.

Die tuisspan se draaiers, Yasir Shah en Nauman Ali, het oudergewoonte amok onder die Protea-kolwers gemaak. Voeg daarby ’n paar onnodige uithardloopkanse en die Suid-Afrikaners se beurt kon nooit enige momentum opbou nie.

Soos wat een Twitter-gebruiker tereg opgemerk het: Graeme Smith en Jacques Kallis het in vorige kragmetings teen Pakistan emmersvol lopies in soortgelyke toestande geslaan. Die skuld moet nie voor die kolfblad se deur gelê word nie, maar wel voor die kolwers s’n.

Elgar het weliswaar 58 gemoker, terwyl George Linde (35) en Kagiso Rabada (21) gesorg het dat die besoekers darem 220 bymekaar kon skraap.

Om ’n toets te wen moet jy eerstens meer lopies as jou teenstanders aanteken. Maar ’n eerstebeurttelling van 220 – veral nadat jy besluit het om eerste te kolf – is pleinweg net nie goed genoeg nie.

  • Opsomming van telkaart:

Suid-Afrika 220/10: Dean Elgar 58, George Linde en Yasir Shah 3/54.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bertus ·

Betreurenswaardig. Maar ek dink nie enigeen het veel beter verwag nie.

MakersMark ·

Dalk moes hul bietjie knie gebuig het voor die wedstryd. Dis eintlik al wat hul goed doen. Sri Lanka was afgewater so daai wen is nie iets om oor huis toe te skryf nie.

koos10 ·

Om toetse te wen begin nie by die kolwers nie. Hulle is deur iemand gekies om daar te wees en die “iemand” word bestuur deur ‘n raad wat weer aan ‘n minister moet verantwoording doen. Nou, onse minister kyk met ‘n ras bril na alles, so, moet asb nie die spelers alleen blameer nie. Die vrek moeilik om te kolf as die regering, minister, KSA en keurders jou hande agter jou rug vasmaak en jou blinddoek!!

pompies ·

Die blm spannetjie gaan dit nie maak nie, hulle sal seker weer n verslag aan ene Nathi Mthetwa moet voorle hoekom hulle nie beter doen nie want hulle is mos sy blm span.

Piet ·

Tipiese reaksie, weer die swartspelers se skuld. Ek sal in elk geval nie my bek so vinnig verbypraat nie. Pakistan is 33/4, Rabada is besig om nag te maak vir hulle.

Piet ·

Mens moet wonder of die skrywer die laaste skof gekyk het. Volgens die BBC toon die blad oneweredige wip. Pakistan is 33/4!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.