Proteas geniet ’n klein voorsprong

Keegan Petersen en Rassie van der Dussen. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Die Suid-Afrikaanse kolwers het een van die belangrikste dinge in krieket reggekry: Hulle het meer lopies as hul teenstanders aangeteken.

Weliswaar nie baie nie – 27 om presies te wees – maar op ’n onvoorspelbare Wanderers-blad is ’n mens dankbaar vir elke lopie.

Keegan Petersen was die tuisspan se beste kolwer en hy het nege grenshoue in sy beurt van 62 geslaan. Dan het Temba Bavuma (51) sy tweede vyftigtal van die reeks aangeteken.

Dit sou lekker gewees het as een van hulle dalk ’n honderdtal kon moker, maar Shardul Thakur (en nie Jasprit Bumrah of Mohammed Shami nie) het ’n stokkie voor die Protea-kolwers se vordering gesteek.

Die 30-jarige medium/vinnige bouler het 7/61 in 17 aksiebelaaide boulbeurte geneem en benewens die paaltjies van Petersen en Bavuma het hy ook van Rassie van der Dussen en Dean Elgar ontslae geraak.

So van Van der Dussen gepraat – die kolwer is agter die paaltjies deur Rishabh Pant uitgevang, maar herhaalde kykweersessies op die grootskerm het gewys dat bal dalk voor dié paaltjiewagter se handskoene gebons het.

Volgens berigte het Elgar en Khomotso Masubelele met die wedstrydbeamptes vergader om die paaltjie te bespreek.

Marco Jansen behoort egter met vuur en aggressie te boul, veral nadat Bumrah hom met ’n paar opslagballe gepeper het.

Indië se openingskolwers het egter hul beurt aggressief begin en hulle het reeds 15 lopies op die telbord ná vier boulbeurte gehad.

Veral Kagiso Rabada het té vol op die kolwers se beenskutte geboul.

Opsomming van telkaart:

  • Indië 202 in 63,1 boulbeurte: KL Rahul 50, Marco Jansen 4/31, Kagiso Rabada 3/64 en Duanne Olivier 3/64.
  • Suid-Afrika 229 in 79,4 boulbeurte: Keegan Petersen 62, Temba Bavuma 51 en Shardul Thakur 7/61.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frans ·

Kagiso Rabada en Duanne Olivier was die grootste teleurstelling en is net nie tans vinnig genoeg om
kolwers op die moeilike blad te pla nie.Wat my die meeste gepla het was dat daar herhaaldelik gekyk is of ‘n Indiese kolwer wel uitgevang is terwyl dit nie in Van der Dussen se geval was nie.Die bal het duidelik is grond geraak voordat dit in die paaltjiewagter se handskoene beland het.
Die skeidsregter flater het die Proteas duur te staan gekom en van ‘n groter voorsprong beroof.

Dirk Mostert ·

Moenie hul oordeel op een boul-sessie nie. Het jy al vergeet van die eerste beurt?

Frans ·

Die is verby wat nou tel is die 2de beurt en daar gaan dit heel vrolik vir Indie

Dirk Mostert ·

Daar is tog seker beter kolwer-spesialiste as Maharaj. Markram kan as draaibouler ingespan word.

Alexander ·

Ons boulers vaar goed, maar die kolwers is nie opgewasse vir die taak nie. Ons moet na ander spelers buite die groep kyk soos Janneman Malan en Reinard Van Tonder.

KB ·

Markram het lanklaas ʼn goeie wedstryd beleef, hy moet sy sokkies op trek.
Dan praat ek nie eers van die middelorde nie…inteendeel: Watse middelorde?!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.