RCB trek tjekboek vir Dané nader

Dané van Niekerk is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se heel beste spelers. Op die internasionale T20-verhoog het sy amper 2 000 lopies geslaan en 65 paaltjies laat kantel. Foto: Twitter/KSA

Dané van Niekerk sal haar bes doen om vir die Protea-keurders ʼn ding of twee te wys wanneer die Indiese Premierliga vir vrouekrieketspelers (WPL) volgende maand begin.

Die Protea-kaptein is nie deel van die Suid-Afrikaners se T20-Wêreldbekerveldtog nie nadat sy nie Krieket Suid-Afrika (KSA) se vereiste fiksheidstoets kon slaag nie.

Sy is egter nou een van slegs vier Suid-Afrikaners – saam met Marizanne Kapp, Shabnim Ismail en Chloe Tryon – wat tydens die spelersveiling deur die betrokke spanne opgeraap is.

Die Royal Challengers Bangalore het haar vir sowat R649 000 aangekoop, terwyl die Mumbai Indians hul beursies net so groot vir Chloe Tryon oopgemaak het.

Kapp en Ismail glimlag egter groot nadat hulle onderskeidelik deur die Delhi Capitals vir R3,26 miljoen en die UP Warriorz vir R2,17 miljoen opgeraap is.

Die 33-jarige Kapp is een die Proteas se grootste sterre en sy het ʼn deurslaggewende rol in die Suid-Afrikaners se spogvertoning teen Nieu-Seeland in die vorige Wêreldbekertoernooi (50 boulbeurte) gespeel.

Marizanne Kapp. Foto: Michael Bradley/AFP. 

Daarbenewens het sy ook op die toetsverhoog uitgeblink toe sy 150 lopies teen Engeland op Taunton gemoker het.

Tog was daar geen plek in die WPL-spanne vir spelers soos Laura Wolvaardt, Suné Luus, Nadine de Klerk en Nonkululeko Mlaba nie.

Die WPL word van 3 tot 26 Maart beslis.

  • Hoe die spanne lyk:

Royal Challengers Bangalore: Smiriti Mandhana, Sophie Devine, Ellyse Perry, Heather Knight, Disha Kasat, Richa Ghosh, Indrani Roy, Dané van Niekerk, Erin Burns, Asha Shobana, Kanika Ahuja, Poonam Khemnar, Shreyanka Patil, Megan Schutt, Renuka Singh, Preeti Bose, Komal Zanzad en Sahana Pawar.

Mumbai Indians: Yastika Bhatia, Hayley Matthews, Harmanpreet Kaur, Amelia Kerr, Priyanka Bala, Nat Sciver-Brunt, Dhara Gujjar, Chloe Tryon, Amanjot Kaur, Pooja Vastrakar, Humairaa Kaazi, Jintimani Kalita, Isabelle Wong, Heather Graham, Neelam Bisht, Sonam Yadav en Saika Ishaque.

Gujurat Giants: Beth Mooney, Sophia Dunkley, Ashleigh Gardner, Deandra Dottin, Harleen Deol, Sushma Verma, Sneh Rana, Georgia Wareham, Annabel Sutherland, Tanuja Kanwer, Ashwani Kumari, Mansi Joshi, Hurley Gala, Monica Patel, Parunik Sisodia en Shabnam Shakil.

UP Warriorz: Alyssa Healy, Shweta Sehrawat, Kiran Navgire, Devika Vaidya, Deepti Sharma, Grace Harris, Tahlia McGrath, Laxmi Yadav, Simran Shaikh, Sophie Ecclestone, Parshavi Chopra, Shabnim Ismail, Lauren Bell, Anjali Sarvani en Rajeshwari Gayakwad.

Delhi Capitals: Jemimah Rodriquez, Shafali Verma, Meg Lanning, Laura Harris, Jasia Akhter, Sneha Deepthi, Alice Capsey, Marizanne Kapp, Arundhati Reddy, Aparna Mondal, Shikha Pandey, Jess Jonassen, Radha Yadav, Minnu Mani, Taniya Bhatia, Poonam Yadav, Titas Sadhu en Tara Norris.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

david ·

Eintlik is dit eier in die gesig van die vroue krieket owerhede. Net so deurmekaar soos KSA self.

George ·

Glad nie, sy het die nie die fiksheid geslaag nie, eenvoudig. Sys nie die eerste een wat gedrop is agv fiksheid nie, sal ook nie die laaste wees nie. Dis die een vereiste as profesionele “athlete”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.