Vroue-krieket: Dit sous weer in Oos-Londen

(Foto: @ProteasWomenCSA/Twitter)

Die tweede T20-krieketwedstryd tussen die vroue-spanne van Suid-Afrika en Nieu-Seeland het Sondag op Buffalopark in Oos-Londen ook uitgereën.

Nadat Vrydag se eerste wedstryd nie kon plaasvind nie oor deurdringende reën, het Nieu-Seeland darem Sondag gekolf.

Die Kiwi’s kon net 111/9 in 20 boulbeurte uitkom met Maddy Green (45*) die enigste kolwer wat weerstand kon bied.

Die Proteas se beste bouler was die draaibalbouler Chloe Tryon (4/15).

Dit het net na Nieu-Seeland se kolfbeurt weer begin reën en met ʼn buiteveld wat erg deurgeloop het ná Vrydag en Saterdag se reën, is daar halt geroep.

Die derde van vyf T20-wedstryde word Dinsdag ook in Oos-Londen gespeel met die laaste twee wedstryde komende Saterdag en Sondag in Benoni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.