All Blacks teen Wallis vir die bronsmedalje

Steve Hansen. Foto: (Tsuyoshi Ueda/Kyodo News via AP)

Wanneer die All Blacks Wallis hierdie Vrydag in die bronsmedaljewedstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan pak, sal dit die einde van ’n paar eras wees.

Dit sal Warren Gatland se laaste wedstryd aan die stuur van die Rooi Drake wees. Hy het vir 12 jaar die Walliese rugbyspan afgerig.

Hy sal egter die Britse en Ierse Leeus in 2021 na Suid-Afrika bring, terwyl hy ’n kontrak van vier jaar met die Chiefs onderteken het.

Dan sal dit in alle waarskynlikheid ook Sonny Bill Williams se laaste wedstryd in ’n All Blacks-trui wees. Die 34-jarige binnesenter kan in die toekoms vir die Toronto Wolfpack ligarugby speel.

Kieran Read sal ook sy laaste wedstryd as All Blacks-kaptein speel, terwyl die briljante Steve Hansen ook klaarmaak as Nieu-Seeland se afrigter.

  • Hansen het in 107 wedstryd aan die stuur van die All Blacks net tien wedstryde verloor.
  • Teen Wallis handhaaf die All Blacks ’n ongelooflike wenrekord. In hul wedstryde het hulle 136 punte aangeteken, en slegs 52 afgestaan.
  • Die wedstryd begin Vrydag om 11:00 en sal regstreeks op SuperSport1 uitgesaai word.

Wallis: Hallam Amos (heelagter), Owen Lane (regtervleuel), Jonathan Davies (buitesenter), Owen Watkin (binnesenter), Josh Adams (linkervleuel), Rhys Patchell (losskakel), Tomos Williams (skrumskakel), Ross Moriarty (agtsteman), James Davies (flank), Justin Tipuric (flank), Alun Wyn Jones (slot en kaptein), Adam Beard (slot), Dillon Lewis (stut), Ken Owens (haker) en Nicky Smith (stut). Plaasvervangers: Elliot Dee, Rhys Carre, Wyn Jones, Jake Ball, Aaron Shingler, Gareth Davies, Dan Biggar, Hadleigh Parkes.

All Blacks: Beauden Barret (heelagter), Ben Smith (regtervleuel), Ryan Crotty (buitesenter), Sonny Bill Williams (binnesenter), Rieko Ioane (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), Aaron Smith (skrumskakel), Kieran Read (kaptein en agtsteman), Same Cane (flank), Shannon Frizell (flank), Scott Barrett (slot), Brodie Retallick (slot), Neop Laulala (stut), Dane Coles (haker) en Joe Moody (stut). Plaasvervangers: Liam Coltman, Atu Moli, Angus Ta’avao, Patrick Tuipulotu, Matt Todd, Brad Weber, Anton Lienert-Brown en Jordie Barrett.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AB ·

Sterkte aan die All Blacks! Weet julle sal die een wen! Met meer as 3 punte!

Kokkie ·

Tenminste kan ‘n mens die tipe en gehalte rugby wat die All Blacks speel geniet.

Heinrich ·

Ag shame silwer nog steeds beter as brons of dit nou 1 o ‘n 100 punte is

waarheid ·

Moenie iemand skop as hy le nie.
Kan met ons ook gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.