Argentyne te vinnig vir Blitsbokke

Ronald Brown probeer verby die Argentynse verdediging glip. (Foto: X/Blitsbokke)

Dit is moeilik om die vlieënde Argentyne op die sewesrugbyveld te stuit. Die Suid-Amerikaners het vanoggend die Blitsbokke met 19 – 5 in die twee spanne se laaste groepwedstryd in Perth geklop.

Ondanks ʼn Blitsbok-drie (dankie, Quewin Nortjé) en German Schulz se geel kaart, het Argentinië steeds ʼn rustydvoorsprong van 14 – 5 geniet.

In die tweede helfte het hulle bloot die Blitsbokke weg van hul doellyn gehou, terwyl Marcos Moneta se drie die finale spyker in die Suid-Afrikaners se doodskis was.

Die Blitsbokke het nogtans genoeg in hul vorige wedstryde teen Kanada en Spanje gedoen om vir die bekerkwarteindstryd te kwalifiseer.

Hulle speel om 13:00 teen Fidji.

Vandag se uitslae:

Spanje 33 – 12 Kanada

Argentinië 19 – 5 Suid-Afrika

Frankryk 19 – 14 Samoa

VSA 17 – 10 Groot-Brittanje

Ierland 19 – 10 Australië

Kwarteindstryd-bepalings:

12:10: Ierland teen Frankryk

12:35: Argentinië teen Spanje

13:00: Suid-Afrika teen Fidji

13:25: VSA teen Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.