Bloudruk vir SA rugby gefinaliseer

sa-rugby-logo-crop’n Bloudruk, wat gemeenskaplike doelwitte bevat om rugby op alle vlakke tot voordeel te strek, is Woensdag tydens die derde afrigtersindaba in Kemptonpark bespreek en gefinaliseer.

ʼn Konsep van die SA Rugby-bloudruk is aan die vergadering voorgehou na die twee indabas einde verlede jaar na een van die donkerste jare in Suid-Afrikaanse rugby.

Woensdag se indaba, is deur die afrigters van die ses Superrugby-spanne, Allister Coetzee en sy Springbokafrigtingspan, die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Mark Alexander, sowel as die adjunk- en visepresident, Francois Davids en James Stoffberg, bygewoon.

Een van die belangrikste bepalings van die nuwe bloudruk, wat Saru se ringkoppe hoop die Springbokke weer ’n wêreldkrag sal maak, is die rustye en speeltyd van Springbokspelers.

Hoe presies die rustye van Springbokspelers gaan werk, is nog duister. Topspelers het gesamentlike kontrakte by Saru en provinsiale unies. Uit die aard van die hoeveelheid geld wat unies uithaal om sekere spelers hulle unie se trui oor die kop te laat trek, kan verstaan word dat unies waarde vir hulle geld wil hê. En waarde is dat spelers moet speel.

Spanne soos die All Blacks maak van sentrale kontraktering gebruik, waar die spelers uitsluitlik in die Nieu-Seelandse rugbyunie se diens is en hulle het dus volle seggenskap oor die spelers.

Die persverklaring wat deur Saru na Woensdag se indaba uitgereik is, maak verder melding van die identifisering en implementering van belangrike “rugbybeginsels” wat op franchise-vlak in werking gestel sal word.

Volgens Alexander verwag hulle nie van die spanne om dieselfde te speel nie, “maar dit sal goed wees as al die Superrugby-spanne dieselfde benadering oor die basies aspekte van die spel volg”.

♦  Geen aankondiging oor Coetzee se voortgesette betrokkenheid as Springbokafrigter is nog gemaak nie, terwyl die Junior Bokke ook steeds afrigterloos is – net ʼn raps meer as twee maande voor die afskop van die o.20-Wêreldbeker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Frans C ·

Sonder ‘n duidelike onderskeid tussen beroeps en-amateurrugby gaan ons niks verder kom nie.
Dit is hoe ek sou probeer om rugby te organiseer.
Amateurrugby.Van skolevlak tot Curriebeker.
Beroepsrugby. Van Superrugby tot Springbokrugby.

Geen heen en weertrekkery tussen die kodes nie. In Boks sien ‘n mens nie amateurs in beroepskryt en omgekeerd nie.

Na die Curriebeker afgehandel is kom beroeps en amateur afrigters byeen en kies ‘n streeksspan,van bv. Leeus,Luiperds,Pumas, Valke ens wat dan reeds die professionele span wat bestaan sal aanvul. Soortgelyke spanne word dan landwyd saamgestel.

Hierdie spanne speel oefenwedstryde teen mekaar en word amateurspelers voorlopige
beroepskontrakte aangebied as hul voltydse beroepsspelers wil word.

Ander keer terug na die amateurkode waar die basiese beginsels aangeleer word.
So sal daar altyd voldoende plek vir belowende amateurs in die amateurkode wees.Die spelers ontvang dan ‘n vergoeding om vir verlies aan inkomste, onkoste ens.

So sal daar altyd ‘n uitruil van idees tussen die verskillende kodes wees.Kontrakte kan dan met die verskillende kodes gesluit oor die gebruik van fasiliteite ens.
Geen beroepspeler sal dan heen en weer tussen die kodes beweeg nie en belowende amateurs uit die spel hou nie.

Kiepie ·

Frans, in die een asem sê jy “Geen gerondspringery tussen kodes nie” en net daarna stel jy voor dat die afrigters van die amateur- en beroepspanne na die Curriebeker bymekaar kom om ‘n streekspan of aanvullende spelers te kies vir die Super-reeks. Hoe dan nou Meneer?
En waar stel jy voor kom die spelers vir die Superspanne dan vandaan as hulle nie juis uit die Curriebeker geledere gekies word nie. Of moet daar ‘n groep spelers wees wat sit en kyk hoe die ander spelers Curriebekerrugby speel terwyl hulle sit en wag vir die Superreeks om te begin (en boonop vet salarisse verdien)?
Daar is tans ook geen “heen en weer springery tussen kodes” nie aangesien beide die Curriebeker en Superreeks professioneel is en sover my kennis strek is daar tans ook goeie samewerking tussen die afrigters van die onderskeie unies se Curriebeker- en Superrugbyspanne. Nee wat, niks nuuts in jou voorstel nie.

Frans C ·

Kiepie
Jy verstaan verkeerd.
Amateursafrigters sal jy hoofsaaklik op skole, by klubs en Universiteite aantref.’n Amateur is iemand wat dit uit en vir die liefde van die spel doen. Beroepsrybyspelers en afrigters is diegene wat van die spel ‘n beroep gemaak het en dit wêreldwyd kan beoefen, soos enige ander mens wat ‘dokter,ingenieur ens is.

Die Lions het sonder hul beroepsspelers die Curriebeker probeer behou en in die proses
‘n goeie pakkie slae by die Cheetahs gekry.Dus sê ek hou amateurrugby ‘n plaaslike spel
met die Curriebeker as hoogtepunt. Want dit is duidelik waarom die Lions
tussen twee seisoene van kampioena na pampoene verander het.

Sodra jy rugby as ‘n beroep kies is jy ‘n beroepspeler.Deur die twee kodes te skei soos in boks moedig jy alhoemeer amateursspelers aan om deel te neem en maak jy plek soos spelers die kode verlaat.

Ons sien deesdae alhoemeer ‘n vermenging van die twee kodes.So neem profesionele spelers alhoemeer bv aan die Olimpiese spele spele wat eers ‘n meer amateurspele was deel.

Die skeiding tussen kodes is nuut.Beide kodes sal hul eie toernooie hê.Dit sal voorkom dat
spelers nie die heeljaar speel nie.Dit is vandag die gewoonte dat spanne hoofsaaklik uit dieselfde spelers bestaan.

Omdat daar gedurig gekla en gekerm word omdat minder spelers van kleur ‘n kans kry is
die skeiding ‘n ideale platvorm.

Frans C ·

Vir Kiepie se inligting.In Engeland is daar alhoemeer ‘n beroep dat klubs moet terugkeer na hul amateurstatus. As jy bv in jou soekinjin intik. ‘Clubs should return to amateur status’ behoort jy al ‘n paar artikels oor dit te kry.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.