Cheika se groot besluit

Australië se Michael Cheika. Foto: Facebook.

Michael Cheika moes al ’n paar storms in sy loopbaan as Australië se rugby-afrigter trotseer.

Dink net aan die Israel Folau-storie en sy kritiek oor die wyse waarop skeidsregters wedstryde in die Wêreldbeker-toernooi hanteer.

Maar duidelik kan niemand hom beskuldig dat hy nie avontuurlustig is nie.

Vir Australië se kwarteindstryd teen Engeland hierdie naweek het hy die 19-jarige Jordan Petaia in die ervare James O’ Connor se plek op senter gekies.

Nie net het Petaia nog net twee toetswedstryde agter sy naam nie, dit sal ook die eerste keer wees dat hy op senter in die internasionale arena uitdraf. En dit nog boonop teen die ervare Manu Tuilagi.

Petaia het in sy vorige twee toetse op vleuel gespeel.

Australië het sy laaste ses toetse teen die Engelse Rose verloor.

Die Britte word deur baie bestempel as dié span wat die All Blacks kan klop, juis omdat hulle soos terriërs in wedstryde baklei.

Maar die Rose het self met hul spankeuse die wenkbroue laat lig toe Eddie Jones die ervare George Ford die trekpas uit die beginspan gegee het.

Owen Farrell sal weer die no. 10-trui dra.

Australië: Kurtley Beale (heelagter), Reece Hodge (regtervleuel), Jordan Petaia (buitesenter), Samu Kerevi (binnesenter), Marika Koroibete (linkervleuel), Christian Lealiifano (losskakel), Will Genia (skrumskakel), Isi Naisarani (agtsteman), Michael Hooper (flank en kaptein), David Pocock (flank), Rory Arnold (slot), Izack Rodda (slot), Allan Alaalatoa (stut), Tolu Latu (haker), Scott Sio (stut). Plaasvervangers: Jordan Uelese, James Slipper, Taniela Tupou, Adam Coleman, Lukhan Salakaia-Loto, Nic White, Matt To’omua, James O’Connor.

Engeland: Elliot Daly (heelagter), Anthony Watson (regtervleuel), Henry Slade (buitesenter), Manu Tuilagi (binnesenter), Jonny May (linkervleuel), Owen Farrell (losskakel), Ben Youngs (skrumskakel), Mako Vunipola (agtsteman), Jamie George (flank), Kyle Sinckler (flank), Maro Itoje (slot), Courtney Lawes (slot), Tom Curry (stut), Sam Underhill (haker), Billy Vunipola (stut). Plaasvervangers: Luke Cowan-Dickie, Joe Marler, Dan Cole, George Kruis, Lewis Ludlam, Willi Heinz, George Ford, Jonathan Joseph.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frank ·

Dit maak nie vir my saak wie wen nie, solank die Ausies net daardie Owen Farrel ‘n paar keer GOED smeer…

Joke! ·

Dankie Frank ek stem maar moet se ek hoop die Aussies smeer die poms oral veral daai arm in die gesig Ferrel…

Therese ·

Dis minder Cheika se avontuurlus en meer ‘n gebrek aan geskikte mannekrag.
O’Connor speel nie juis die wêreld aan die brand nie, trippel soos ‘n wafferse ballerina.
Izzy Folau laat ‘n reuse leemte en Cheika was voor in die koor in die hele drama.
Dus, geen simpatie met sy dilemma.

Pietman ·

Die losvoorspelers en stutte is omgeruil. Jamie George is a haker.

Nico K ·

Dis jammer dat die ryk lande ander lande se spelers kry. (In sokker is dit anders. Daar speel die spelers van arm lande hul klubsokker in die ryk lande, maar wêreldbeker is hulle terug in hul land se span.) Ek tel so vinnig 15 spelers in die 2 spanne wie se vanne vir my lyk na spelers van die suidsee eilande. As Fidji en Samoa al hul eie land se spelers kon gebruik het sou hulle vir sulke klein landjies baie goed gedoen het.

Werner ·

Die enigste “young and free” is Israel Folau en gelukkig speel hy nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.