Crusaders spoel oor die Reds, Sunwolves skok Chiefs

Die Sunwolves se Jamie Henry in aksie tydens die Superrugby-kragmeting tussen die Sunwolves en die Chiefs in Hamilton, Nieu-Seeland [2 Maart 2019] (Foto: Bruce Lim/AP)

Klop die Crusaders en wen vanjaar die Superrugbyreeks.

Dit was Saterdag in Brisbane weer die geval toe die Crusaders die Reds met 22 – 12 geklop het nadat hulle rustyd met 10 – 7 voor was.

Die Crusaders het sonder vier van hul All Black-staatmakers, Ryan Crotty, Codie Taylor, Sam Whitelock en Kieran Read, klaargekom, wat steeds ʼn ruskans kry.

Maar hul plaasvervangers het gemaklik ingeskakel en die Reds ʼn les geleer in die beheer van besit, die aangryp van kanse, om hul aanvalle af te wissel deur vlak en vlak en diep te speel en met die voorspelers te maal en dryf.

Die Christchurch-voerband raak elke seisoen nog breër en Saterdag het opwindende spelers soos Will Jordan, Braydon Ennor en Whetu Douglas hul kanse aangegryp en na vore getree.

Die span is goed afgerig, voer die basiese beginsels goed uit, het ʼn byna ondeurdringbare verdedigingspatroon en draai ook nie die ander wang nie, sonder om geniepsig te wees en vuil te speel.

Ja, soms is hulle oorywerig, soms word hulle agter die voordeellyn voorgekeer en soms het hulle botter aan die vingers.

Maar onthou dis maar die derde ronde van vanjaar se reeks.

Punte: 

Crusaders 22 (10): Drieë: Brayden Ennor, Will Jordan, Whetu Douglas, Jordan Taufua. Doelskop: Richie Mo’unga.

Reds 12 (7): Drieë: Samu Kerevi, Scott Higginbotham: Doelskop: Bryce Hegarthy.

*In Hamilton het die Japanse Sunwolves, “gelaai” met drie Japanse spelers in die opdrafspan en nog een op die plaasvervangersbank, die Chiefs geskok en met 30 – 15 geklop.

Die Sunwolves het geskiedenis gemaak deur die Chiefs die eerste keer te klop en slegs die eerste keer in vier jaar ʼn oorwinning weg van die huis af te behaal.

Die groot uitblinker was die blitsvleuel Gerhard van den Heever.

Onthou u nog dié oud-Affie wat 31 keer vir die Bulls gespeel het, 26 keer vir die Stormers en 29 keer vir Munster?

Nou is die 29-jarige Van den Heever, wie se bynaam “Shadow” is, ʼn gevestigde speler by Yamaha Jubilo.

Plaas die Sunwolves se oorwinning in perspektief, want ek weet nie of dit enigsins Japanse rugby bevoordeel deur met ʼn span buitelanders te speel nie, al was dit ook alte lekker om ʼn Nieu-Seelandse span bloedneus te sien kry.

Dit skep ʼn vals beeld van die krag van Japanse rugby en wat beteken dit vir die ontwikkeling van jong Japanse spelers?

Punte:

Sunwolves 30 (23): Drieë: Shuhei Matsuhashi, Uwe Helu, Gerhard van den Heever. Doelskoppe Hayden Parker (3). Strafdoele: Parker (3).

Chiefs 15 (3): Drieë: Alex Nankivell, Etene Nanai-Seturo. Doelskop: Damian McKenzie. Strafdoel: McKenzie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ai. ·

Crusaders was goed maar weereens refs wat swak is…Skeef ingooie misgekyk,en geelkaart uitdeel wat twyfelagtig is verander gang van die wedstryd…. Iets sal moet verander…Refs maak die spel dood met swak selfs misiken selfs verkeerde blatante besluite..

Frans C ·

daar is twee spanne wat mi gladnie in Superrugby behoort nie.Dit is die Argentyne wat die land se nasionale span is en dus al 24 rugbyunies verteenwoordig.Die Sunwolwes is ‘n gemengde span wat uit Japanners en buitelanders bestaan.

Superrugby het ontstaan uit ‘n kompetisie tussen provinsiale en later streekspanne.
Hoe sal dit nou lyk as bv die Lions wat vandag planloos en leierloos teen die Bulle was
om al die spelers wat hul verloor het met internasionale spelers vervang.

Die uittog is al beskryf as:JOHANNESBURG – If the Lions continue to lose players at the rate they have in the past year they’ll field an almost completely new-look side in next year’s Super Rugby competition. The exodus of players from the Lions is nothing short of a crisis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.