Die Vrystaatse Cheetahs se afrigter, Daan Human, weet ʼn mens torring nie aan ʼn wenspan nie.
Hy het die span wat die Pumas se naels getrek het onveranderd behou vir Saterdag se kragmeting in die reeks om die Curriebeker teen Griekwas in Kimberley.
Die afskoptyd op Griekwapark is 14:00.
Die span –
15. Clayton Blommetjies, 14. Vuyani Maquina, 13. Ali Mgijima, 12. Lloyd Greeff, 11. Cecil Afrika, 10. Robbie Petzer, 9. Zee Mkhabela, 8. Jasper Wiese, 7. Chris Dry (kaptein), 6. Daniël Maartens, 5. Carl Wegner, 4. Dennis Visser, 3. Erich de Jager, 2. Joseph Dweba, 1. Gert Kotzé. Bank: 16. Reinach Venter, 17. Andrew Kuhn, 18. Jeremy Jordaan, 19. Nicolaas Immelman, 20. JP Smith, 21. JW Jonker, 22. Stephan Janse van Rensburg.