Dis Kolisi teen Vermeulen op Nuweland

Siya Kolisi. Foto: Twitter.

Vanjaar se Curriebeker-wedstryde word weliswaar agter geslote deure gespeel, maar rugbyliefhebbers kan hul vere regskud vir een van die groot derby-kragmetings in Suid-Afrikaanse sport: Sommer reeds in die openingsnaweek.

Die Westelike Provinsie speel Saterdagaand gasheer vir die Blou Bulle op Nuweland en al twee spanne het hul grofgeskut vir die kragmeting gekies.

Siya Kolisi – wat ’n dyspierbesering in ’n Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Pumas op Mbombela opgedoen het – is fiks verklaar en hy sal die Streeptruie op die veld lei.

Duane Vermeulen. Foto: GB Jordaan

Sy kapteinskap-tweestryd met die Bulle se Duane Vermeulen sal veral interessant wees om te sien. Kolisi het verlede jaar die Webb Ellis-trofee in Japan omhoog gehou, terwyl Vermeulen deur talle ondersteuners as een van die Springbokke se leiers op die veld beskou word.

Morné Steyn – wat ’n skitterende Superrugby Unlocked-reeks agter die blad het – is egter nie in die Pretorianers se span nie.

Die 36-jarige losskakel het verlede naweek se Pumas-kragmeting op Loftus Versfeld weens Covid-19-voorsorgregulasies misgeloop en die selfisolasie-tydperk het sy voorbereiding vir die Nuweland-wedstryd in die wiele gery.

Chris Smith behou dus sy plek in die Bulle se beginspan.

Die wedstryd skop Saterdagaand om 19:00 af en dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

WP: Warrick Gelant (heelagter), Seabelo Senatla (regtervleuel), Dan du Plessis (buitesenter), Rikus Pretorius (binnesenter), Angelo Davids (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Juarno Augustus (agtsteman), Ernst van Rhyn (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), JD Schickerling (slot), Salmaan Moerat (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Ali Vermaak, Kwenzo Blose, Neethling Fouche, David Meihuizen, Chris van Zyl, Jaco Coetzee, Marcel Theunissen, Godlen Masimla, Tim Swiel en Ruhan Nel.

Blou Bulle: David Kriel (heelagter), Travis Ismaiel (regtervleuel), Stedman Gans (buitesenter), Cornal Hendricks (binnesenter), Kurt-Lee Arendse (linkervleuel), Chris Smith (losskakel), Ivan van Zyl (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman en kaptein), Arno Botha (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortje (slot), Walt Steenkamp (slot), Trevor Nyakane (stut), Johan Grobbelaar (haker) en Jacques van Rooyen (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Gerhard Steenekamp, Marcel van der Merwe, Sintu Manjezi, Nizaam Carr, Embrose Papier, Clinton Swart en Marco Jansen van Vuren.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Androclus ·

Ag wat Siya man Vermeulen se span kom sit julle weer ore aan op julle tuisveld,julle lek dan nou nog aan julle wonde,was dit nie dat die game gestop was ,was dit nog erger.

Die Wolf ·

Hopelik sien ons wie die werklike Springbok kaptein moet wees .

twaalfboor ·

Nie nodig om te wag vir saterdag nie. Ons weet almal dat Thor die werklike kaptein is.

MakersMark ·

Kom ons kyk of die WP kaptein langer as 50 min gaan speel. Gaan hard wees in die voorspelers.

Pieter ·

Whhaaaa!! Vermeulen en die karakter is nie in dieselfde liga nie. Vermeulen is daar oor hy kan speel en die ander oor kwotas, want hy kan regtig nie speel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.