‘Dit is hoe ons speel,’ sê Pollard

Handre Pollard druk ‘n drie teen die einste Argentyne. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Terwyl oorsese joernaliste en afrigters kla dat die Springbokke se spel met ’n wiegelied vergelyk kan word, is dit duidelik dat die kritiek nie juis vir Handré Pollard pla nie.

“Dit is hoe ons speel. Ons wil wedstryde wen en tans werk hierdie benadering vir ons,” het Pollard gesê.

Die Suid-Afrikaners het die Rugbykampioenskap-beker in 2019 verower, die Webb Ellis-trofee staan in ’n plaaslike vertoonkas en hulle het met die louere ná die afgelope reeks teen die Britse en Ierse Leeus weggestap.

Tog is nie almal beïndruk met hul benadering nie.

In een van sy rubrieke het die voormalige Engeland-losskakel Stuart Barnes geskryf dat hy baie waardering vir die Bokke se durf en toewyding het; die All Blacks moet net asseblief wêreldrugby van die Suid-Afrikaners se konserwatiewe benadering kom red.

“Verdediging is die Springbokke se hoofprioriteit en in hul strewe om nie noodwendig die beste te wees nie, maar om die beste te klop, het hulle ’n tree in die verkeerde rigting gegee,” het Barnes geskryf.

Sal ’n Suid-Afrikaanse rugbyondersteuner kla as die Bokke vir die All Blacks met hul sogenaamde vervelige benadering klop?

Waarskynlik nie. Dit is immers lekkerder om ’n rugbytoets te wen as om een te verloor.

Makazole Mapimpi vier fees in die Boktrui. (AP Photo/Florencia Tanjun)

“Ons gaan aanhou om so te speel en mense is geregtig daarop om kritiek te lewer. As ’n span glo ons in hierdie benadering en dit is al wat saak maak,” het Pollard gesê.

Die 27-jarige losskakel is weer terug in die Bokke se beginspan vir die naweek se tweede wedstryd teen Argentinië.

“Die Argentyne is ’n trotse rugbynasie en hulle weet dat hulle verlede Saterdag nie op hul beste was nie. Hulle sal dus met ’n sterk vertoning daarvoor wil vergoed.”

Die Bokke het ’n gevaarlike agterlyn vir die toets gekies en selfs met hul verdedigingsingesteldheid kan Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende en Makazole Mapimpi teen enige span drieë druk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Afriperd ·

Wel ek sal bly wees as ons teen die All Blacks wen, maar ek sal dit nie kyk met die tipe rugby wat ons speel nie, mens wil hardloop rugby sien, dis waarvoor mens dit kyk. As ek skop wil sien sal ek sokker kyk. In die Currie Cup hardloop die manne en druk driee en dis mooi om te sien.

Anoniem ·

Mister Barnes, in die rekordboeke word dit nie opgeteken of dit ‘n mooi of lelike wedstryd was nie, net ‘n wen of verloor.

Johan ·

Wil nog steeds eerder ‘n mooi wedstryd sien (met ‘n wen), anders kon ek maar net na die tyd rekordboeke nader.

Tubac ·

Is dit die geld werd wat jy moet betaal om 20 jaar terug se tipe Rugby te sien. Dit is hoekom ander lande die spel oopmaak,wen of verloor .

Jack Russ1 ·

So volgens Barnes is jy nie die beste as jy die beste geklop het nie…

Dan weer omdat die Engelse nie wereldrugby kon “red” nie moet NZ dit doen

Oom ·

Hedendaagse rugby kan ‘n mens met skaakspel vergelyk. Oppervlakkig beskou is ‘n skaakspel nie eintlik iets skouspelagtig nie. Wanneer ‘n mens instaat is om dieper te kan kyk, dan begin mens enige spel waardeer. Jare terug toe Buurman van Zyl Noord-Transvaal afgerig het, het jy dieselfde kommentaar van die WP-ondersteuners (gewoonlik die verloorspan) gehoor dat Noord-Transvaal nie met die bal hardloop nie. Die tipe kommentaar noem ‘n mens sommer suurdruiwe.

Oom ·

Dit is by wyse van ‘n analogie nie ‘n teruggrype na die verlede nie. Lyk of begrip van die kommentaar ietwat bo die vuurmaakplek was. Nul tien vir die begripstoets.

N ·

Nie nodig om enige vrae te beantwoord nie. Bokke is huidige Championship, B&I reeks en wereld beker wenners en die laaste wereld rugby speler van die jaar is van SA af.

Tubac ·

Word nie betwis nie. Kyk eerder gholf voor ek my siel versondig.

Chappie ·

Dis nou die mens vir jou. Kla indien wedstryde verloor word, kla nog meer indien reeks nie gewen word nie maar kla al word wedstryde en reeks gewen!

Frans ·

Die probleem begin by die moderne opskiet verdediging waarmee enige aanval so vinnig as moontlik in die kiem gesmoor word.Alle internasionale spanne oortree die agsterste voet reêl. Kyk maar na skrumskakels hoe vinnig hul spelers nader roep om tog gou ‘n treintjie te vorm om die ‘box kick’ buite bereik van teenstanders,gewoonlik slotte te plaas.
Wysig die reêl dat net die skrumskakel of speler wat skoonmaak agter die agterste voet mag wees.
Alle ander spelers moet 2 meter verder terugstaan in lyn met die assistent skeidsregters.So skep jy meer ruimte vir aanvallende spel en verwater die opskiet verdediging.
Die ou manier van agterlyne wat diep staan is verby .

Kokkie ·

Hier is mos verskriklik baie slim ouens wat letterlik alles van rugby af weet. Sal iemand asseblief vir my verduidelik wat die reëls bepaal ten opsigte van ingooie in die skrums en lynstane. As die bal nie reguit in die lynstane ingegooi word nie, word die oortreder (ingooier/haker) gestraf. Maar wanneer die skrumskakel die bal by ‘n skrum letterlik onder die slotte , selfs agtsteman, se voete ingooi, gaan die spel doodeenvoudig voort. Wat sê die reël ? Is skrums dan hoegenaamd nog nodig? Moet Rassie nie ook vir ons hierdie probleem regstel met ‘n paar video’clips’ nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.