Dit was nag teen Connacht

Connacht-spelers vier Mack Hansen se ietwat omstrede drie. Die Bulls is egter steeds met 34 – 7 oorrompel. Foto: Twitter.

Die Bulls het hulle tweede agtereenvolgende nederlaag (eintlik hul derde as jy die Treviso-eindstryd ook in berekening bring) in Europa gely toe Connacht hulle met 34 – 7 in Galway oorrompel het.

Ja, Ben Blain (skeidsregter) was glad nie bestendig nie en die Pretorianers is gereeld by die afbreekpunte gestraf, terwyl sy interpretasie van die obstruksiereël ook tereg ’n hele paar wenkbroue laat lig het.

Dink net aan Mack Hansen se drie in die tweede helfte.

Maar om eerlik te wees, sou die Bulls gewen het selfs al het Blain minder op sy fluitjie geblaas?

Toegegee, hulle het inderdaad met ’n dringendheid weggetrek wat by Europese toestande pas en Lizo Gqoboka het binne twee minute oor die doellyn vir die besoekers se enigste drie geval.

Teen rustyd het dinge ook goed gelyk, ’n agterstand van 10 – 7 is darem nie die einde van die wêreld nie, maar soos die wedstryd gevorder het, het dinge al hoe meer vir die Pretorianers uitmekaar begin val.

Hul onbeholpenheid en planloosheid op die aanval het ’n mens eerder aan ’n afkophoender laat dink as ’n trotse bul wat vir enige matador hoofbrekens gee.

Balbesit is gereeld doelloos weggeskop en wanneer hulle wel op die aanval was, het hulle deur swak hantering hul eie ondergang bewerkstellig.

Die Bulls het die afgelope ruk inderdaad baie wedstryde gewen, maar dit was in Suid-Afrika waar hulle doodeenvoudig net beter as die res was. Hulle sal egter vinnig by die Europese toestande én skeidsregters moet probeer aanpas, anders kan hierdie in ’n baie lang toer ontaard.

  • Puntemakers:

Connacht: Drieë: Tom Daly (2), Tiernan O’Halloran, Mack Hansen en Tom Farrell. Doelskoppe: Jack Carty (3).

Bulls: Drie: Lizo Gqoboka. Doelskop: Johan Goosen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Die mense wat kwotas gebaseer op velkleur goedkeur, dit is wat gebeur as jy teen ‘n span speel wat sy 15 beste spelers ongeag kleur of ras op die veld stuur om te speel.Hulle verniel jou Currie beker kampioen.

piet ·

Gee ons jou beste beskikbare net wit Bulletjies-span asseblief. Hier gaan ons nou weereens nie ‘n antwoord kry nie. Ons gaan wag tot die hoenders tande kry……

Harley Davidson ·

Hulle speel almal oorsee omrede hulle nie span kry agv die rasse kwota stelsel en jy behóórt dit te weet as jy nie met oogklappe sit in SA nie

piet ·

Ek weet nie waar jy sit nie, klink asof jy kerm van oorsee af en nie mooi volg wat hier in SA aangaan nie. Hulle speel oorsee want SA kan hulle nie bekostig nie. Waar’s die naampies, ons wag? Onthou nou, jy kan nie ouens wat gereeld vir die Bulle gespeel het en toe oorsee is om top-dollar te verdien hier insluit nie. Daai ouens het agter die geld aangehardloop, nie omdat hulle hier oor die hoof gesien is nie?

MakersMark ·

Die bokke het NZ geklop kwotas en al en is weer nr 1 op die IRB ranglys jou kwota gesang raak nou afgesaag.

Frans ·

Die eerste les-sportskrywers moet ophou om spanne op te hemel asof hul iets uit ‘n ander wêreld is en begin besef dat die plaaslike Curriebekerkompetisie die vrotste in sy geskiedenis is.
Ja die Bulle het die kompetisie oorheers met ‘n klomp ‘verlore seuns’ wat van hul oorseese uitstappie teruggekeer het.
Dit het nie die kompetisie beter gemaak nie maar weereens onderstreep hoe nadelig die swak Rand en die regering se sportbeleid vir die sport was.Om te sien hoe Suid Afrikaanse spelers opgeneem word in oorseese spanne met diep beursies en wat wemel van plaaslike en oorseese internasionale spelers is ‘n hartseer storie,
Indien SARU en die regering nie hul houding verander en besef dat beroepsrugby ‘n ander benadering vereis hoe verder gaan Suid Afrikaanse rugby agterraak en net slaansakke in die Noorde word.
Provinsialisme moet waai en daar moet ‘n beter geld en speler verdeling kom

piet ·

Daar is nie geld nie, ons kan nie ons spelers behou nie. NZ kry dit nog reg, weet nie vir hoe lank nie. Selfde gebeur maar in sokker, beste spelers in die wereld speel by die rykste klubs oorsee. Beroepssport vat die top spelers die beste finansiele “deal”.

Willempie ·

Niks fout met die skeidsregter nie…Steve Hofmeyer moet maar net die woorde van sy blou bul led aanpas. Fie bulle vreet nou net gras lol.

MakersMark ·

Nog steeds jou kolonie spannetjie sleg laat lyk. En ek sal nie ‘n song mention nie het jy al ooit die stormers song gehoor deur ‘n ander Afrikaner wannabe singer?

Manie ·

Die twee aandeelhouers moet voet neersit oor die twak wat Jake aanvang met hul geld. Daar is BAIE goeie spelers in Pta. wat enige tyd beter sal vaar as die spul pensioenarisse waarop geld gemors is. En daar kan gerus gekyk word na die afrigter vd agterspelers waar eintlik geen spelpatroon bestaan nie. Swak Swak spel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.